×

Kennerwenke om jou yskas te pak

Spaar jouself tyd en moeite met hierdie nuttige wenke van die kenners by LG
yskas

 

Hou suiwel weg van die deur

Omdat suiwelprodukte soos melk, jogurt en maaskaas die kortste raklewe het, maak dit nie sin om dit in die deur te bêre nie, want dit is een van die warmste dele van die yskas. Skuif dit na die agterkant van die laer rakke in die yskas, waar dit die koudste sal bly. Jy kan geurmiddels, olies en neute in die deur hou, asook botter.

Plaas artikels wat nie gaargemaak hoef te word nie bo

Die bokant van die yskas het die mees konsekwente temperatuur en is die beste plek om artikels te bêre wat nie gaargemaak hoef te word nie, soos oorskiet, klaarbereide maaltye of kruie – die soort goed wat jy uit die yskas haal wanneer jy vinnig ’n kosblik vir skool of werk pak. Dit sluit egter deli-vleise uit, wat saam met die suiwelprodukte op die onderste rak moet gaan. Só sal dit nie op ander kos lek as daar ’n skeur in die verpakking is en dit besmet nie.

Hou vrugte en groente in die groentelaai

’n Bietjie vog kan vrugte en groente langer vars hou. Dis hoekom jy dit in die vogtige groentelaai van jou yskas moet hou. Vakuumvars laaie neem hierdie konsep selfs verder. Onthou net om perskes, pruime, pere en piesangs uit die yskas te hou. Dit gee ’n gas af wat kan veroorsaak dat ander groente vinniger ryp of sleg word.

Vrieskas-etiket

Hoe leër jou vrieskas, hoe meer energie verg dit om die kos af te koel. Laai dit dus so vol as moontlik. Het jy geweet dat droë produkte soos droë lensies en bone langer in die vrieskas hou en dat jy dit nie hoef te ontvries voordat jy dit gebruik nie? Maak net seker al die rou vleis word in ’n afsonderlike kompartement weg van die res van jou kos gehou. Kruisbesmetting is minder waarskynlik in die vrieskas, maar dis nie onmoontlik nie.

Benut tegnologie

Danksy moderne vernuwing kan ’n yskas jou help om jou kruideniersware te beheer. Sommige yskaste, soos LG-dubbeldeuryskaste, is spesifiek ontwerp om meer energiedoeltreffend te wees en bied verbeterde verkoelingstelsels wat die verlies aan koue lug met tot 47% verminder. Só hou dit kos langer vars. Dit stel jou ook in staat om al die kos met ’n vinnige blik raak te sien sodat jy kan weet wat besig is om sleg te raak.

Vir meer inligting: www.lg.com

Lees ook

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 5 grootste foute wat jy met jou yskas maak

Kos sal langer hou as jy ’n paar aanpassings maak DEUR SHARON FRANKE

Close