×
Skakel na Engels

Keer dat jy hierdie algemene Facebook-fout begaan

Maak met ons stap-vir-stap-gids seker alles wat jy op Facebook plaas is nie vir die publiek beskikbaar nie. Deur Carrie-Ann Skinner
Facebook-fout

Facebook is ’n wonderlike manier om foto’s, video’s, interessante artikels of selfs net ’n grappie met jou vriende te deel. Maar jy kan per abuis alles wat jy plaas met meer mense deel as wat jy bedoel het om te doen. As jou privaatheid-opsie gestel is op “Publiek” en nie “Vriende” nie, sal jou plasings en foto’s outomaties vir almal beskikbaar wees pleks van net die mense met wie jy op Facebook vriende is. Moenie bekommerd wees nie, dis regtig maklik om te verander. Hier is ’n stap-vir-stap-gids oor hoe om hierdie Facebook-flater te vermy:

Teken aan

Teken aan op Facebook en op die iPhone, iPad of Google Android-slimfoon of -tablet, kies die menu-knoppie in die onderste regterhoek. Kies dan “Privaatheid-kortpaaie” (of “Privacy Shortcuts”, as jou Facebook-verstellings in Engels is), gevolg deur “Privaatheidsondersoek” (“Privacy Check-Up”). As jy ’n rekenaar gebruik, kies eenvoudig “Privaatheidsondersoek” uit die aftuimelmenu in die boonste regterhoek.

Kies jou gehoor

“Publiek” (“Public”) beteken enige iemand kan jou plasings sien. As jy “Vriende” (“Friends”) kies, beteken dit net die mense met wie jy op die webblad vriende is, sal dit kan sien. Ons beveel aan dat jy “Vriende” as jou verstek-opsie kies.

Kliek op “Volgende” (“Next”)

As jy die Facebook-app gebruik, sal jy gevra word om te bevestig wie die inligting op jou profiel kan sien, soos jou e-posadres, telefoonnommer, geboortedatum en selfs waar jy gewerk het. Kliek net op die aftuimelmenu langs elke item om te kies wie dit kan sien. Ons beveel aan jy maak kontakinligting net aan jouself sigbaar (want as iemand jou wil kontak, kan hulle Messenger, Facebook se kitsboodskapdiens, gebruik) en die ander inligting net vir jou vriende. As jy Facebook op ’n rekenaar gebruik, kom hierdie afdeling derde op ná Toepassings (“Apps”) (sien onder).

Lys apps

Nou sal jy ’n lys apps sien wat met jou Facebook-rekening verbind is, watter van jou vriende dit kan sien en of hulle toestemming het om op jou profiel plasings te doen, ensovoorts. Verwyder enige apps wat jy nie meer gebruik nie deur op die “X” langs dit te kliek, en verander wie die app kan sien op die aftuimelmenu. Ons beveel aan jy gebruik “Net ek” (“Only Me”) sodat jou vriende nie geïrriteerd raak deur ’n klomp plasings nie, byvoorbeeld wat jou vra om ekstra lewens vir ’n speletjie te stuur. Kliek op “Maak klaar” (“Done”) en jou “Privaatheidsondersoek” is klaar.

Lees ook: Is jy verslaaf aan tegnologie?

Individuele plasings

Jy kan ook verander wat met individuele plasings gebeur. Om dit te doen wanneer jy jou status opdateer of ’n foto of video of Facebook plaas, gaan na die aftuimelmenu en kies óf “Publiek” of “Vriende” na gelang van wie jy wil hê toegang tot die plasing moet hê – en kliek dan op “Plaas” (“Publish”). Hier is egter ’n waarskuwing: Dit sal jou verstellings stoor vir volgende keer; maak dus seker jy merk die boksie versigtig wanneer jy tussen die twee verstellings wissel.

GH-wenk

Jy kan enige aspek van jou privaatheidverstellings verander deur “Verstellings” (“Settings”) uit die menu in die onderste regterhoek van die app (of boonste regterhoek as jy Facebook op ’n rekenaar gebruik) te kies en dan die relevante opsie te kies. Hier is twee waaraan ons dink jy aandag moet gee:

Tydlyn en Merk (“Timeline and Tagging”)

Hier kan jy verstel wie op jou Facebook-blad plasings kan doen en, belangrik, ’n hersieningsdiens aanskakel wat jou in staat stel om te kyk wie iets wil plaas en dan plasings en foto’s goedkeur waarin jy gemerk is sodat dit nie outomaties op jou Facebook-blad sigbaar sal wees voordat jy daartoe toegestem het nie.

Publieke soektog (“Public Search”)

Jy kan keer dat jou Facebook-profiel opkom wanneer mense soekenjins soos Google gebruik om jou naam te soek deur “Privaatheid” (“Privacy”) uit die Instellings-menu (“Settings”) te kies en dan “Allow search engines outside of Facebook to link to your profile” (Facebook het hierdie opsie nog nie in Afrikaans vertaal nie!) af te skakel.

Van: Good Housekeeping UK

FOTO: iStock/Mixmike

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sien jou Facebook-nuustoevoer soos jy daarvan hou

Sien jou Facebook-nuustoevoer soos jy daarvan hou.

Close