×
Skakel na Engels

Keer dat hierdie liggaamsdele jou ouderdom verklap

Ons doen almal moeite met ons gesig, maar vergeet dikwels van hierdie plekke wat eerste tekens van veroudering toon
ouderdom

Om mooi ouer te word is baie vroue se doelwit, maar om een of ander rede beskou ons gesigrome as die belangrikste ding in ons skoonheidsroetine. Natuurlik is ons gesig die ding wat ons die meeste raaksien, maar wat help dit jy koop duur kollageenversterkende aanvullings en rome terwyl ’n ander liggaamsdeel die tekens van veroudering toon?

Die waarheid is as ons die volgende dele van ons liggaam met dieselfde sorg as ons gesig behandel, kan baie verouderingskwessies vermy word. Hier is die nuttigste wenke oor hoe om vir twee liggaamsdele te sorg wat ons ouderdom eerste verklap, dit in stand te hou en veroudering te stuit.

Lees: 4 verrassende oorsake van veroudering

HANDE

Jou hande is altyd aan die elemente blootgestel en altyd aan die werk. Daarom is dit een van die eerste liggaamsdele wat elastisiteit verloor en sonskade toon.

VOORKOMING: Ons hande word amper nooit bedek nie. Dit is dus noodsaaklik om elke dag sonskerm aan jou hande aan te wend, ongeag die weer. Dit is om tekens van veroudering, pigmentasie en stukkende haarvatte te keer en jou teen velkanker te beskerm.

WENK: Kom in die gewoonte om ’n dik bevogtigingsroom aan jou hande te smeer voordat jy gaan slaap. Dit sal jou nie net vertroetel laat voel nie, maar sal ook ’n blywende verskil maak wat jy later in jou lewe sal waardeer.

NEK

Die nek is een van die grootste probleemdele vir vroue en wys vinnig tekens van veroudering omdat dit minder oliekliere as die gesig bevat, wat beteken die vel kan maklik droog raak – die grootste oorsaak van veroudering.

VOORKOMING: Ons nek het net soveel aandag soos ons gesig nodig. Begin dus deur jou velsorgroetine (van reiniging en bevogtiging tot sonskerm) na jou nek uit te brei.

WENK: Moenie parfuum aan jou nek spuit nie – spuit dit eerder aan jou hare. Parfuum droog die vel vinnig uit, en dit is iets wat ons so ver moontlik moet vermy. Boonop bly die geur langer aan jou hare!

FOTO: iStock/NicolasMcComber

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 tekens dat jy in jou ma verander

Jammer, maar dis tyd om die feite onder oë te sien

Close