×
Skakel na Engels

Kasterolie: Die wonderproduk in jou skoonheidsarsenaal

Maak gereed om kasterolie in ’n splinternuwe lig te sien
Kasterolie

Kasterolie word al jare lank vir sy gesondheidsvoordele gebruik, veral as immuniteitsversterker en detoksmiddel. (As dit net nie vir die stryd was om dit in te kry nie!) Hierdie groente-olie is in die verlede ingeneem om gesondheid te bevorder, maar daar is ’n magdom uitwendige gebruike waarmee jy jou skoonheidsroetine kan aanvul.

Vel

As jy ’n droë vel het of een wat deur die loop van die dag dehidreer, kan jy ’n titsel kasterolie aanwend pleks van na ’n duur produk te gryp. Een van kasterolie se kenmerke is dat dit nie vog uit jou vel absorbeer nie. Verder verrig dit wondere aan skurwe areas soos hakke en elmboë.

Lees: Geen droë, stywe vel meer nie!

Wenkbroue en wimpers

Dieselfde belangrike vitamiene en proteïene wat die groei van die hare op jou kop bevorder, maak kasterolie ook ideaal vir gesonder, mooier wenkbroue en wimpers. Wend saans ’n bietjie op jou wimpers en wenkbroue aan om hulle digter en gesonder te laat groei.

Hare

’n Bietjie kasterolie op ’n jeukerige kopvel werk strelend op ’n droë vel in en raak dus van skilfers ontslae, maar meer nog –dit word ook as ’n doeltreffende haargroeiserum verkoop. Die rede hiervoor is dat dit proteïene, vitamiene, vetsure en antioksidante bevat wat help om hare te versterk en te laat groei.

Lees: 5 maniere om ’n droë, jeukerige kopvel te streel 

Swangerskap

Een van die baie dinge wat vroue vrees, is die ontsierende rekmerke waarmee ’n swangerskap hulle laat. Hoewel daar heelwat produkte is wat beloof om dié merke weg te werk, is kasterolie net so doeltreffend, indien nie meer nie, en is dit boonop baie meer kostedoeltreffend.

Naels

Jou hardwerkende hande verg heelwat vertroeteling om op hul beste te vertoon. Masseer jou naelvliesies en naelbed elke dag met ’n paar druppels kasterolie; dit help vir dikker en sterker naels, en herstel droë naelvliese op jou vinger- en toonnaels.

FOTO: iStock/bdspn

LEES OOK:

Hoe om jou vel tydens jou swangerskap te versorg

Is dit waar dat jou hare vinniger groei wanneer jy dit laat sny?

5 wenke vir gesonde hande en naels

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 verrassende gesondheidsvoordele van dankbaarheid

Om gereeld oor al die goeie dinge in jou lewe na te dink kan jou geluk, optimisme én gesondheid ’n...

Close