×
Skakel na Engels

Kan omega 3 jou kind met AGHS help?

AGHS

Om kinders met neurogedragstoestande te hanteer is ’n uitdaging vir ouers én kenners. Volgens Andrea du Plessis, ’n dieetkundige van Vital Health Foods, is daar talle gesinne wat nuwe maniere soek waarop kinders met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom en ander gedragstoestande behandel kan word.

“Hoewel dit duidelik is dat talle neurogedragstoestande mediese hulp vereis, toon navorsing dat mediese behandeling aangevul kan word met aanvullings wat omega 3- en ander noodsaaklike vetsure bevat om die resultaat beduidend te verbeter,” sê Du Plessis.

“Die omegas is afkomstig van gehalte-visolies en nagblomolie, en dis bewys dat dit die lewensgehalte van sowel die kinders as hul gesin verbeter. Terloops, ’n onlangse onafhanklike studie het getoon dat ses maande se daaglikse aanvulling van omega 3 tot ’n 41,6 %-afname gelei het in gebeure van antisosiale gedrag in kinders tussen die ouderdom van agt en 16.

Du Plessis verduidelik dat alhoewel hierdie aanvullings belowend is vir kinders met neurogedragsprobleme, kan ’n aanvulling soos Efamol Brain Concentrate Chewies help om balans te herstel en kinders met minder akute simptome help om by die skool en huis optimaal te funksioneer. Dit sluit die gesondheid van alle kinders in, ondanks hul mediese toestand.

FOTO: iStock/Weekend Images Inc.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief