×
Skakel na Engels

Kan ’n syagtige kussingsloop werklik jou vel en hare verbeter?

Hier is wat jy van hierdie kussingsloopteorie moet weet, volgens die dermatoloog dr. Neal Schultz.
kussingsloop

WAAR 

DIT KEER PLOOIE

Op lang termyn, ja! Volgens navorsing kan wrywing, wat veroorsaak word wanneer jy op ’n minder gladde oppervlak (soos katoen) rondrol, voue op die vel veroorsaak. ’n Syagtige oppervlak sal dié uitwerking verminder.

DIT HOU HARE NETJIES

Dis korrek, volgens toetse in Goeie Huishouding se tekstiellaboratorium in die VSA. Hare beweeg met minder wrywing oor syagtige materiale, wat beteken jy sal met minder kroeserigheid en koeke opstaan. Sommige toetsers het gesê dit het ook hul drooggeblaasde hare langer mooi gehou!

DIT REGULEER TEMPERATUUR

Volgens die kenners kan syagtige vesels dit inherent doen. Anders as katoen, wat vog absorbeer, weer sy vog af en hou jou droog en koel.

Lees: 6 verrassende maniere waarop jy jou hare vernietig

ONWAAR 

DIT BEVAT VELVOEDENDE AMINOSURE

Syvesels het wel aminosure, maar jou vel kan dit nie absorbeer terwyl jy slaap nie.

DIT HIDREER

Die materiaal se gladder oppervlak beteken dat minder vog uit jou vel verwyder word, maar daar vind geen aanvulling plaas nie. Schultz stel voor jy gebruik ’n goeie bevogtiger.

DIT MAAK DIE VEL GESONDER

Moenie verwag om minder puisies of kleiner porieë te sien nie, sê Schultz.

FOTO: iStock/LdF

LEES OOK:

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 lessenaarvriendelike gesondheids- en skoonheidskunsies

Klein veranderinge wat ’n groot verskil maak

Close