×
Skakel na Engels

Kan jy regtig jouself jonger eet?

Vergeet “skoon” eet … Om jouself jonger te eet is die nuwe neiging!
jouself jonger eet

Dis beslis moontlik om jouself jonger te eet, sê die voedingskundige Anita Bean en sir Muir Gray, in wie se nuwe boek, Sod it! Eat Well (Bloomsbury Sport), vertel word hoe dieetaanpassings volgens jou veranderende behoeftes kan help om jou jeugdig te hou.

Eet dít en skud ’n dekade af (wel, amper!)

FIKSER 50’s

“Dis wanneer jou bloeddruk begin styg,” sê Bean, en dit verhoog die risiko vir hartsiekte en beroertes. Vrugte en groente wat baie kalium bevat, soos piesangs, broccoli en tamaties, asook 250 ml beetsap per dag kan help om jou bloeddruk te beheer. Eet ook minder sout.

STERKER 60’s

Eet meer proteïen om spierkwyning te keer. “ ’n Vrou in haar 60’s wat 60 kg weeg, het 60 g tot 72 g per dag nodig – meer as ’n jong volwassene,” sê Bean. En ’n dieet wat ryk aan groente, volgrane, vis en olyfolie is, kan die risiko vir tipe 2-diabetes beduidend verlaag.

SOEPELER 70’s

Verhoog jou inname van omega 3’s, die gesonde vette wat in olieryke vis, groen groente en pampoensade voorkom. Dit help om inflammasie te beheer, ’n faktor in baie chroniese toestande wat op dié ouderdom begin voorkom, van artritis tot Alzheimer se siekte en hartsiekte.

FOTO: iStock/kupicoo

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kies die beste onderlaagformule

Jy het dalk die perfekte kleur onderlaag vir jou vel gevind, maar is die formule reg vir jou veltipe?

Close