×
Skakel na Engels

Kan dit gevaarlik wees om haarkapper toe te gaan?

Sommige vroue het al ná ’n haarafspraak ’n beroerte gehad. Lees hier waarom – en hoe jy dit kan voorkom…
haarkapper

Die meeste van ons geniet dit om ons gunsteling-haarsalon te besoek, of dit nou vir ’n sny of ’n tint is, en een van die hoogtepunte van die hele prosedure is die sjampoestoel. Dis hier waar ons kop-agteroor sit en ontspan terwyl iemand anders ons hare was en, as ons gelukkig is, ons kopvel masseer. Die slegte nuus is dat dit juis hierdie gedeelte van die salon-ervaring is wat al by verskeie vroue tot beroertes gelei het.

Terwyl die vreemdgevormde wasbak dikwels tot ’n hinderlike hoofpyn of nekpyn kan lei, is daar vroue wat dit veel slegter tref – dié wat aan skoonheidsalonsindroom ly, ’n toestand wat, alhoewel uiters seldsaam, nietemin ’n werklikheid is.

Lees: 5 wenke vir blink, gesonde, sterk hare

Dit kom voor wanneer geskeurde of beskadigde slagare tot abnormale bloeding en klonte lei wanneer die nek te ver agteroor gebuig word terwyl hare gewas word. Sommige vroue het ’n paar dae na ’n hare-afspraak ’n beroerte gehad.

Van die algemeenste simptome wat deur lyers aan die skoonheidsalonsindroom ervaar word, is hoofpyn, naarheid, verwarring en verlies aan gevoel in ledemate of spiere. Ten spyte van die feit dat dit seldsaam is, word daar deesdae stappe gedoen om seker te maak dat die personeel wat kliënte se hare was, veiliger, sagter tegnieke leer.

Lees: Is dit waar dat jou hare vinniger groei wanneer jy dit laat sny?

Salon-eienaars ondersoek ook alternatiewe haarwasmetodes – wat nie vereis dat ’n mens se kop pynlik agteroor gebuig word nie, ’n posisie wat nie net ongemaklik nie, maar ook potensieel gevaarlik is. Om op ’n verstelbare stoel te sit of die nek met ekstra handdoeke te kussing kan ook help om die stremming op die nekdeel te verlig.

Die feit dat hierdie sindroom aan die lig gekom het, mag egter nie jou besoeke aan die haarsalon bederf nie. Ons almal het af en toe by ’n bietjie vertroeteling nodig. Maak net seker dat die persoon wat jou hare was, sagkens met jou kop en nek te werk gaan. Veiligheid eerste!

FOTO: iStock/Ivanko_Brnjakovic

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Só hou jy salonmooi hare langer sag en reguit

Hare wat deur ’n haarkapper of -stilis drooggeblaas is, voel darem net anders. Só kan jy die mooi reguit resultate...

Close