×

Is jy Queenspark se volgende plusgrootte-model?

Aandag, alle geronde skoonhede: Jy kan die model in ’n Queenspark se volgende advertensie-veldtog wees!

Queenspark is op soek na hul volgende plusgrootte-model. As modelwerk nog altyd jou droom was en jy 172 cm of langer is, tussen 21 en 35 jaar oud is en tussen ’n nommer 14 en 18 (Suid-Afrikaanse nommers) dra, kan jy die geleentheid wen om in Queenspark se advertensiemateriaal te verskyn!

Dié fantastiese geleentheid sluit ’n volblad-kleuradvertensie in die Maart 2017-uitgawe van Goeie Huishouding en Good Housekeeping in. Die wenner sal ook ’n portefeulje ontvang om na agentskappe te neem indien sy haar modelloopbaan verder wil voer.

Jy kan inskryf deur HIER ’n foto van jouself voor te lê. Dit sal dan op die webwerf gelaai word en Suid-Afrikaners sal vir Queenspark se volgende geronde model kan stem. Onthou om daagliks te gaan kyk om te stem en deel jou inskrywering met al jou vriende en familie op sosiale media en gebruik #QueensparkPlusModel om meer stemme te kry!

Jou inskrywing sal ongelukkig nie oorweeg word as jy reeds by ’n modelagentskap is nie.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief