×
Skakel na Engels

JY MOET DIT SIEN: ’n Storie van verkragting, verantwoordelikheid en vergifnis

“Om vir Thordis te sê ek het haar verkrag, het my siening van myself en van haar verander. Maar die belangrikste is dat die blaam van Thordis na my oorgedra is.” Deur Sarah Browning-de Villiers

Toe Thordis Elva 16 jaar oud was, is sy deur haar destydse kêrel, Tom Stranger, verkrag. Hy was 18. Hy het Ysland op ’n uitruiltoer besoek en Elva by die skool ontmoet. Die paartjie het ’n maand lank uitgegaan toe die verkragting gebeur het – die aand van die skooldans. Nadat Stranger terug Australië toe is, het die verhouding geëindig. Dit het gelyk of dit die einde daarvan was.

Elva het die volgende nege jaar met die verkragting saamgeleef en eindelik vir Stranger ’n brief geskryf. “Ek wou vergifnis vind,” het Elva verduidelik. “[Ek] het besef dit is die oplossing om my lyding te beëindig. Ongeag of hy my vergifnis verdien het, ek wou vrede hê.”

Stranger het geantwoord, en ná ’n klomp briewe het die twee ooreengestem om mekaar te ontmoet – 16 jaar ná die verkragting – in Kaapstad, en het sedertdien saam ’n boek genaamd South of Forgiveness geskryf. Hulle het onlangs die verhoog gedeel toe hulle saam ’n TED-praatjie aangebied het waarin hulle die voorval bespreek het, asook hul verskillende perspektiewe en hoe die feit dat Stranger verantwoordelikheid vir sy optrede aanvaar het, vergifnis moontlik gemaak het.

Wat veral inspirerend is, is Stranger se gewilligheid om sy misdaad te erken. Hy blameer Elva nie – nie die feit dat sy daardie aand ’n drankie gedrink het nie, dat hulle ’n verhouding gehad het of dat sy iets “uitlokkends” gedra het nie. En dit is merkwaardig dat Elva dit kon aanvaar en heling daarin vind.

Soos Stranger in die praatjie sê: “Ek het die waarheid ontken deur myself te oortuig dat dit seks was, nie verkragting nie. Maar dit was ’n leuen.” Hy gaan voort: “Om vir Thordis te sê ek het haar verkrag, het my siening van myself en van haar verander. Maar die belangrikste is dat die blaam van Thordis na my oorgedra is.”

Kyk hier na die ongelooflike praatjie en storie:

Die lesse wat ons almal uit hul storie kan leer, is eindeloos – dit is nié jou fout nie. Ons móét daaroor praat. Mans móét verantwoordelikheid vir hul optrede aanvaar, Vooruitgang, heling en vergifnis is moontlik.

Van: Cosmo SA

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 tekens dat jy in jou ma verander

Jammer, maar dis tyd om die feite onder oë te sien

Close