×
Skakel na Engels

Jy moet dít doen voordat jy jou hare was

’n Tophaarkapper onthul wat ons almal behoort te doen voordat ons ons hare sjampoe. Deur Sophie Hines
Jy moet dít doen voordat jy jou hare was

Ons haarwas-roetine is nie iets waaroor ons baie dink nie, wat nog te sê hiersien – maar hierdie brokkie raad van die tophaarkapper Eugene Souleiman gaan dit verander.

Die bekroonde sessiestilis het by die bekendstelling van die nuwe Wella Oil Reflections-reeks gepraat toe hy die stap onthul het wat baie van sy kliënte – ook topmodelle – vergeet wanneer hulle stort.

“Baie mense borsel of kam hul hare nadat hulle gestort het, waneer dit nat is – dit is wanneer die hare veral kwesbaar is en maklik kan breek,” sê Eugene.

Hy beveel aan dat jy jou hare eerder behoorlik kam voordat jy dit was. Klink eenvoudig, ja, maar hoeveel van ons doen dit regtig?

Daar is baie voordele. “Eerstens beteken dit dat die produkte wat jy gebruik, soos sjampoe, opknappers of maskers, makliker deur die hare versprei sal word,” sê Eugene.

“En as jy hare van die wortels af kam, beteken dit dat al die dooie velselle wat jy wil uitwas, sal loskom, wat dit baie makliker maak om die kopvel te reinig en verfris,” voeg hy by. “Fokus altyd op die wortels wanneer jy sjampoe.”

Dit is ’n eenvoudige maar nuttige wenk wat ons gerus kan volg!

Van: www.goodhousekeeping.co.uk

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 wenke om te keer dat jou hare uitval

Val jou hare uit? Lees hier hoe om jou kapsel weer welig te laat lyk

Close