×
Skakel na Engels

Jy is wat jy doen

Wanneer jy ’n beroep wil volg wat tot sukses sal lei én werkbevrediging verskaf, is dit noodsaaklik dat jy jou persoonlikheid verstaan en weet wat vir jou interessant is, sê Richard Leeming, die hoof van Academy of York

 

 

Ons het almal aangebore talente en ons uniekheid moet erken en benut word. “Jou eiesoortige talente is deel van die samestelling van jou persoonlikheid en dit verskil van jou vaardighede omdat dit geneig is om inherent eerder as aangeleer te wees,” sê Leeming. “Om dit te vind kan moeilik wees, maar as jy eers weet wat dit is, kan jy dit ontwikkel en versterk.”

 

HOE OM UIT TE VIND WAT JOU TALENTE IS

1. Skryf jou persoonlike sterk en swak punte neer. Baie mense neem nooit die tyd om te dink oor waarmee hulle van nature goed is nie en is dus onbewus van hul persoonlike talente. Net so dink hulle nie oor hul swakhede nie en analiseer dus nie wat daarin kort nie, of wat hulle behoort te ontwikkel nie.

 

2. Dink terug aan jou kinderjare. Wat het jy geniet om te doen toe jy klein was? Dalk was jy mal oor legkaarte, wat wys jy is goed daarmee om probleme op te los. As jy daarvan gehou het om kreatief te wees, oorweeg dit om kreatiwiteit in jou beroep toe te pas.

 

Die sielkundige John Holland se studies (soek aanlyn vir die Holland Code vir die persoonlikheidstoetse wat jou met jou ideale beroep verbind) het na die verbintenis tussen persoonlikheid en beroepe gekyk. Hy het ses persoonlikheidstipes ontwikkel wat ’n mens se aanleg vir verskeie werke aandui, naamlik:

* Realisties: Bou, maak reg, werk buitenshuis

* Ondersoekend: Doen navorsing, dink, eksperimenteer

* Kunstig: Skep, ontwerp, gee uitdrukking aan iets

* Sosiaal: Help, onderrig, aanmoedig

* Ondernemend: Lei, verkoop, oorreed

* Konvensioneel: Organiseer, kategoriseer, doen opnames

 

Soos die beroepsafrigter Kerry Dawkins sê: Om ’n posisie te kies wat by ons karakter pas, is net so belangrik as om ’n werk te kry. Niemand wil in ’n werk opeindig wat hulle haat nie.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Outistiese 5-jarige “Monet”

Iris Grace is ’n talentvolle outistiese vyfjarige meisie wat haarself deur haar skilderye uitdruk

Close