×
Skakel na Engels

“Julle kan my nie arresteer nie! Ek’s die Cake Boss!”

Die bekende TV-bakker en pa van vier Buddy Valastro is van drie klagte van wangedrag weens dronkbestuur aangekla

Gallo Images/Getty Images

 

Buddy Valastro, die skepper van ongelooflike koeke en die ster van die werklikheidsreeks Cake Boss, is van dronkbestuur aangekla nadat hy kort ná middernag gisteroggend in die Manhattan-woonbuurt Hell’s Kitchen afgetrek is. Volgens die polisie is hy afgetrek nadat hulle sy motor, ’n geel 2014-Corvette, deur die verkeer sien swenk het.

 

Bartolo “Buddy” Valastro (37) is van drie klagte van wangedrag weens dronkbestuur aangekla. Hy het nie ’n pleit aangeteken nie en is vrygelaat.

Hy moet op 6 Januarie 2015 weer in die hof verskyn.

 

Die kriminele verslag sê Buddy was onvas op sy voete, het baie na alkohol geruik en sy oë was bloedrooi.

 

ABC News berig die TV-ster het aan polisie gesê: “Ek het net ’n paar drankies gehad. Julle kan my nie arresteer nie! Ek’s die Cake Boss!” Die aanklaer sê Buddy het telkens benadruk dat hy “ ’n goeie ou is”. Hy’t blykbaar gesê: “Kan julle my nie net in ’n taxi sit nie? Ek hoef nie gearresteer te word nie. Ek’s nie ’n slegte ou nie.”

 

In ’n onderhoud met Goeie Huishouding wat in ons November-uitgawe verskyn het, het Buddy vertel hoe hy op 11-jarige ouderdom begin bak het en uiteindelik sy familie se onderneming oorgeneem en dit ’n huishoudelike naam gemaak het met sy werklikheidsreeks, Cake Boss (wat op DStv se TLC-kanaal uitgesaai word).

 

“Ek kry steeds soveel bevrediging uit die kreatiwiteit wat dit behels om ’n koek te maak. En ek is dol daaroor om te sien hoe iemand my gebak eet en dit werklik geniet – dis ’n fantastiese gevoel.”

 

Buddy en sy vrou, Lisa, het vier kinders, Sofia (11), Buddy Jr. (10), Marco (7) en Carlo (3).

 

Buddy se prokureur het geweier om kommentaar te lewer.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
12 fantastiese koekidees vir kinders

Die blote gedagte aan ’n verjaardagkoek vir ’n kind kan enige ma in ’n koue sweet laat uitslaan. Hier is...

Close