×
Skakel na Engels

Jou verruklike vingerkosfees

Meng en pas bestanddele vir heerlike happies waaroor jou gaste dol sal wees

Komkommerskyfies

recipe images8

1. Hoemoes + feta + swartpeper + basilie

2. Gerooktesalmsmeer + salmkaviaar + grasuie

3. Chorizo + korrelmosterd + geroosterde rooi soetrissie + rooi-ui

Baguettesnye

recipe images9

1. Hoenderlewermousse + korrelmosterd + granaatpitte + grasuie

2. Bokmelkkaas + gekaramelliseerde uie + prosciuttoskyfies + basilie

3. Appelkooskonfyt + chorizo + manchegokaas + pietersielie + swartpeper

Patatskyfies

recipe images11

1. Neutbotter + appel + koljander + prosciuttoskyfies

2. Romerige garnaalslaai + geroosterde rooi soetrissie + grasuie

3. Guacamole + rooi-ui + jalapeño’s

Wortelgroente-latkes

recipe images12

1. Mangoblatjang + ham + appel + sprietuie

2. Gerooktesalmsmeer + rooi-ui + suurlemoenskil

3. Soetrissieroomkaas + radyse + roket

Tortillaskyfies

recipe images10

1. Hoemoes + chorizo + jalapeño’s + koljander

2. Romerige garnaalslaai + amandels + grasuie

3. Guacamole + granaatpitte + parmesaan

Wittoofblare

verruklike vingerkosfees

1. Beettapenade + basilie + pistasieneute

2. Geklopte suurlemoenricotta + radyse + amandels + olyfolie

3. Romerige garnaalslaai + granaatpitte + gerasperde suurlemoenskil

Blaardeeghappies

recipe images14

1. Romerige gesoteerde sampioene + geroosterde rooi soetrissie + roket

2. Hoenderlewermousse + gekaramelliseerde uie + pistasieneute + appel

3. Geklopte suurlemoenricotta + salmkaviaar + grasuie + swartpeper

Waterbeskuitjies

recipe images15

1. Geklopte suurlemoenricotta + gerasperde suurlemoenskil + swartpeper + gebakte parmesaanskyfies

2. Soetrissieroomkaas + okkerneute + pietersielie + jalapeño’s

3. Neutbotter + vyekonfyt + prosciuttoskyfies + sprietuie

Lees: 6 maniere om in die kombuis water te bespaar

RESEPTE

’n Kombinasie van winkelbestanddele en smere wat jy vooraf kan maak, beteken minder kosmaaktyd en meer kuiertyd

Basisse: Sny ’n komkommer, kry ’n paar skyfies of maak jou eie basis.

BLAARDEEGHAPPIES

Vou 1 rol bevrore blaardeeg (ontdooi) op ’n groot bakplaat uit wat met bakpapier bedek is. Gebruik ’n skerp koksmes en sny dit in 5 cm x 3,5 cm-vierkante. Sprei die vierkante 2,5 cm uitmekaar op die bakpapier uit; prik dit met ’n vurk.

Bedek die deeg met nog ’n vel bakpapier en nog ’n bakplaat. Bak vir 15 minute by 200 °C. Haal die boonste bakplaat en bakpapier af. Bak vir 5 minute of totdat die onderkante bruin is. Laat heeltemal afkoel. Dit kan in ’n lugdigte houer vir tot 2 dae by kamertemperatuur gehou word.

WORTELGROENTELATKES

Rasper 1 geskilde middelslag-aartappel op ’n skoon vel handdoekpapier. Druk al die vog uit. Meng die aartappel met 1 klein geskilde patat, gerasper; 1 klein geskilde wortel, gerasper; 1 groot eier, geklits; en 1/2 t elk sout en peper in ’n groot bak. 

Spuit 1 groot bakplaat met kleefwerende kossproei. Skep die mengsel in 24 hopies 2,5 cm uitmekaar op die plaat. Druk die hopies plat om eweredige skyfies te vorm; spuit met kossproei. 

Bak by 220 °C vir 30 minute of tot bruin en bros; draai dit een keer tussenin met ’n dun, onbuigsame spatel om. Sit dadelik voor of hou dit by kamertemperatuur vir tot 3 uur. Verhit dit weer in die oond vir 7 minute by 190 °C .

PATATSKYFIES

Sny 2 patats in 75 mmskyfies. Spuit 1 groot bakplaat met kleefwerende kossproei en pak die skyfies daarop. (Moenie dat dit oorvleuel nie.) Verf liggies met olyfolie. Bak by 200 °C vir 20 minute of tot bros en bruin; draai dit een keer tussenin om en bedruip weer met die olyfolie.

Lees: 7 bederf-etes vir die gesin vir die hele week

Bae

Belaai dit met konfyt, hoemoes of ’n tuisgemaakte doopsous.

ROMERIGE GESOTEERDE SAMPIOENE

Braai 1 klein prei, gekap, en ’n knippie sout in 3 e olyfolie in ’n diep 30 cmpan oor matige hitte vir 5 minute terwyl jy roer. Voeg 680 g gemengde sampioene, in dun skyfies gesny; 1/2 t sout; en 1/2 t peper by. Braai vir 12 minute of tot sag terwyl jy roer.

Voeg 1/4 k droë witwyn by; laat kook vir 1 minuut terwyl jy die bodem van die pan skraap. Verwyder van die hitte en roer 2 e room en 1 e botter by. Maak 3 k. Bedek en verkoel vir tot 3 dae in die yskas.

GEROOKTESALMSMEER

Roer 160 g roomkaas, saggemaak, en 1/4 k suurroom in ’n middelslagbak saam tot glad. Vou 110 g gerookte salm, fyngekap; 1 hardgekookte eier, grofgekap; 1 e kappertjiesade, gekap; 1 e suurlemoensap; 1 t gesnipperde grasuie; en 1/4 t peper daarby in. Maak 1 1/2 k. Bedek en verkoel vir tot 3 dae.

ROMERIGE GARNAALSLAAI

Pols 1/4 k vars pietersielie; 1/4 k mayonnaise; 2 knoffelhuisies, grofgekap; 1 e suurlemoensap; 1/4 t gerookte paprika; 1/4 t cayennepeper; en 1/4 t sout in ’n voedselverwerker tot gekap; skraap die rande wanneer nodig. 

Voeg 340 g uitgedopte gaar garnale, gekap, by en pols tot net fyngekap. Stop en roer gereeld. Maak 2 1/2 k. Bedek en verkoel vir tot 1 dag in die yskas.

GEKARAMELLISEERDE UIE

Verhit 3 e olyfolie in ’n 30 cm-pan en braai 3 groot uie, in dun skyfies gesny; 2 knoffelhuisies, gekap; 1 t vars tiemie; en 1/4 t sout oor matige hitte vir 25 minute tot donkerbruin en terwyl jy roer. Verwyder van die hitte. Roer 2 e balsamiese asyn by. Maak 1 k. Bedek en verkoel vir tot 3 dae.

GEKLOPTE SUURLEMOENRICOTTA

Klop 110 g roomkaas, saggemaak, in ’n menger op matige spoed tot donsig. Meng 1 1/2 k ricotta, 1/4 k gerasperde pecorino, 3 e melk, 1/4 t sout en 1/4 t peper by tot glad. Vou 1/2 t gerasperde suurlemoenskil in. Maak 2 1/4 k. Bedek en verkoel vir tot 3 dae.

BEETTAPENADE

Neem 1 lemoen en rasper 1/4 t skil en druk 2 e sap uit. Pols 2/3 k ontpitte groen olywe; 1/4 k basilie; 1 knoffelhuisie; en die lemoenskil en -sap in ’n voedselverwerker tot gekap; skraap af en toe die rande.

Voeg 110 g gaar beet, drooggedruk en opgesny; 1/4 k olyfolie; 1/8 t sout; en 1/4 t peper by. Pols tot net gekap en skraap af en toe die rande. Maak 1 1/4 k. Bedek en verkoel vir tot 1 dag in die yskas.

PROSCIUTTOSKYFIES

Pak 110 g dungesnyde prosciutto in ’n enkellaag op ’n gerande bakplaat wat met bakpapier bedek is. Bak dit vir 15 minute by 190 °C. Skep dit op handdoekpapier en laat afkoel. Hou dit by kamertemperatuur vir tot 2 dae.

LEES OOK:

6 geregte met ’n verrassende oorsprong

4 doopsousresepte vir maklik onthaal

5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief