×
Skakel na Engels

Jou teenverouderingstydlyn

Ongelukkig sal ons vel in een of ander stadium die uitwerking van veroudering toon, maar ons kan op elke ouderdom stappe doen om dit so fantasties as moontlik vir so lank as moontlik te laat lyk
happy skin woman

 

Veroudering is onafwendbaar en ongelukkig sal ons vel een of ander tyd die uitwerking van veroudering toon. Die goeie nuus is dat ons op enige ouderdom stappe kan doen om ons vel so fantasties as moontlik vir so lank as moontlik te laat lyk.

OP ELKE OUDERDOM: Fokus op algemene velonderhoud

  • Dra sonskerm.
  • Belê in goeie velsorgprodukte (betaal meer vir ’n vogroom, maar bespaar op reiniger).
  • Oefen, eet gesond en slaap genoeg.
  • Hou genetika in gedagte. Jy kan wel alles van jou kant doen om goed vir jou vel te sorg, maar jou gene speel ’n groot rol.

OUDERDOM 20 tot 25: Fokus op hidrasie

  • Gee jou vel behoorlike hidrasie deur meer water te drink en meer kosse met ’n waterbasis te eet. Probeer om meer gesonde gewoontes in jou algemene leefstyl te inkorporeer en vestig ’n goeie grondslag vir jou later jare.
  • As jy nie gedurende jou tienerjare ’n goeie vogroom gebruik het nie, is dit nou tyd om in ’n dag- en nagroom geskik vir jou huidige veltipe te belê.
  • Skakel stadig oor van jou aknee-/oliebevegtende reiniger na ’n sagter reiniger indien nodig. Hoewel sommige vroue steeds in hul 20’s puisies kry, is ander vroue se vel geneig om droër te raak en minder olie te produseer.

OUDERDOM 25 tot 35: Fokus op voorkoming

  • Begin gebruik geleidelik produkte wat retinol bevat. Dit is ’n aktiewe bestanddeel wat aanvanklik ’n effense irritasie kan veroorsaak. Kies dus ’n produk met ’n lae dosis sodat jou vel daaraan gewoond kan raak.
  • As jy dit tot dusver nie gebruik het nie, kry ’n oogroom.
  • Kry gereelde, ligte chemiese afskilferings om die oppervlak van jou vel te hernuwe.
  • Fokus op anti-inflammatoriese bestanddele in jou velsorgprodukte (en jou dieet!). Dink aan antioksidante, vitamiene – enige iets wat selvernuwing sal aanhelp om jou vel jonger te laat lyk.
  • Stel ’n goeie “velspan” saan. Kry ’n goeie dermatoloog en skoonheidsterapeut en bly by hulle. Namate jou vel verouder, het jy ’n span professionele kenners nodig wat jou vel baie goed ken.

OUDERDOM 35 tot 45: Fokus op aksie

  • As die vogroom wat jy regdeur jou 20’s gebruik het nie meer die gewenste resultate lewer nie, verander jou vogroom weer. Kyk uit na ’n ryker formule met baie antioksidante.
  • Oorweeg vullers en laserterapie vir plooie en vlekke waarvan jy ontslae wil raak.

OUDERDOM 45 en hoër: Fokus op velonderhoud

  • Jou mikpunt moet wees om gelukkig in jou vel te wees! Herevalueer van tyd tot tyd jou velsorgroetine en besoek jou dermatoloog. Beskerm voortdurend jou vel teen die son en maak seker jy drink water en eet baie groente en vrugte!
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Chemiese afskilferings 101

’n Chemiese afskilfering is nie so skrikwekkend as wat dit klink nie. Dit kan die volmaakte manier wees om ’n...

Close