×
Skakel na Engels

Jou sterre September 2016

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou

 

Maagd

(24 AUG. – 23 SEPT.)

As jy oormatig streng met jouself is, is dit ’n teken dat jy uitgebrand is. Vat dinge rustig en merk ’n paar dinge op jou doenlysie af. Vanaf die 23ste sal jy weer energie hê.

SELFSORG

Luister na die goeie raad wat jy aan ander gee – dit is wat jý moet hoor.

PERSOONLIKHEID

Die Maagd-vrou is bedagsaam, doeltreffend en verstandig. Jy is beskeie, maar ook ’n perfeksionis. Jy hou daarvan om besig te bly en nuwe vaardighede aan te leer. Jou belangstellings wissel van gesondheid en welstand tot handvlytwerk. Diere is een van jou groot liefdes. Jy is ’n toegewyde maat en ouer en stel hoë standaarde in al jou verhoudings.

STERK PUNTE Jy het ’n goeie oog vir detail en ’n sin vir integriteit; dus doen jy alles wat jy aanpak goed.

SWAKHEID

Jy kan oormatig selfkrities wees en moet jouself meer aanvaar.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR

Laat jouself toe om dinge anders te doen en jy sal jouself verbaas.

EDELSTENE

Saffier en jaspis.

 

Weegskaal

(24 SEPT. – 23 OKT.)

Dis jou beurt om geskenke en komplimente te ontvang. Moenie dat onsekerheid oor jouself jou rondom die 10de ondermyn nie.

Selfsorg: Geniet dit om die mooi dinge aan te trek wat jou laat vroulik voel.

 

Skerpioen

(24 OKT. – 22 NOV.)

Jy is in ’n opgewekte bui, die lewe is goed en die terugslae af en toe kan jou nie onderkry nie. In die middel van die maand kry jy ’n uitdaging by die werk. Dit is ’n goeie tyd om innoverend te wees of nuwe tegnologie te bemeester.

Selfsorg: Maak tyd vir klein plesiertjies wat jou siel sal voed.

 

Boogskutter

(23 NOV. – 22 DES.)

Jy is op die punt van ’n 12-maande-fase wat die klem op samewerking sal plaas en jou mensvaardighede sal uitbrei. Rondom die 22ste sal jy ’n goeie transaksie raaksien.

Selfsorg: Moenie die pretfaktor afskeep nie.

 

Steenbok

(23 DES. – 20 JAN.)

Jou loopbaan gaan ’n positiewe fase binne. Daar is wel los drade wat opgetel moet word. Wees geduldig omdat dit moontlik langer kan duur om inligting van mense te kry.

Selfsorg: Lag is die beste medisyne – kweek dus jou sin vir humor.

 

Waterdraer

(21 JAN. – 19 FEB.)

Gaan jou afsprake weer na omdat daar meer misverstande as gewoonlik sal wees. Van die middel van die maand sal jy twee dinamiese weke binnegaan waar dinge wat eers traag was weer sal spoed optel.

Selfsorg: Moenie jou gevoelens onderdruk nie – wees dapper en maak jouself kwesbaar.

 

Vis

(20 FEB. – 20 MRT.)

Omstandighede dwing jou om jouself tot iets te verbind, al wil jy nie regtig nie. As jy ’n bietjie daaroor dink en onderhandel, kan jy die situasie plooi om jou te pas.

Selfsorg: Jy sal verkwik voel deur die skoonheid van musiek, kuns of die natuur.

 

Ram

(21 MRT. – 20 APR.)

Daar lê ’n dinamiese maand vol aangename verrassings en nuwe geleenthede vir jou voor. Verhoudings gaan deur ’n harmonieuse fase. By die werk werk aandag aan detail in jou guns.

Selfsorg: Hou gesonde peuselhappies byderhand.

 

Bul

(21 APR – 21 MEI)

Werk en plesier gaan vandeesmaand hand aan hand. Dis ’n goeie tyd om te netwerk en ondernemende idees te ondersoek. Vertrou jou instink en wag tot ná die 23ste om groot besluite te neem.

Selfsorg: Hou jou suikertand in toom, anders sal jy vinnig gewig aansit.

 

Tweeling

(22 MEI – 21 JUN) 

Fokus daarop om jou huis en gesin te reorganiseer sodat jou huislike lewe glad verloop. Soms lyk dit na ’n oorweldigende taak, maar hou aan en jy sal resultate sien.

Selfsorg: Verbeter jou welstand deur jou eet- en slaapgewoontes te hersien.

 

Kreef

(22 JUN. – 23 JUL.)

Goed wat jy nie gewoonlik raaksien nie, pla jou. Wees eerder proaktief as om te kla en soek na praktiese maniere om verbeteringe aan te bring. Daar kan doodloopstrate wees; wees geduldig.

Selfsorg: Doen moeite met goeie vriende of familie wat jy lanklaas gesien het.

 

Leeu

(24 JUL. – 23 AUG.)

’n Tydelike terugslag toets jou deursettingsvermoë en jou bereidwilligheid om binne perke te werk. Wat geldsake betref, moet jy jou hulpbronne rek om vir ekstra uitgawes voorsiening te maak – bestee dus verstandig op ander gebiede.

Selfsorg: Volg jou impuls om in jou selfontwikkeling te belê.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Binne-in die September-uitgawe

Ons lente-uitgawe is van vandag af beskikbaar! Sarah Jessica Parker is op die voorblad en nog net so mooi soos...

Close