×
Skakel na Engels

Jou Sterre: September 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

 

 

Maagd

 

(24 AUG. – 23 SEPT.)

 

Wanneer jy jou eie planne opsy sit om ander te help plaas dit jou onder druk. Dink twee keer voordat jy hulp aanbied. Vind ’n gesonde balans.

VERHOUDINGS Dis natuurlik dat kinders grense sal beproef, maar ondanks wat hulle sê, voel hulle veiliger wanneer hul ouers ferm maar regverdig optree. Woorde wek, maar voorbeelde trek.

SELFSORG Pleks van jou oor dinge te bekommer wat jy nie kan beheer nie, lei jou ooraktiewe verstand met goeie vermaak af.

GELDSAKE Vermy impulsiewe kopies, want jy gaan dit berou.

PERSOONLIKHEID Maagd-vroue is perfeksioniste en altyd aan die gang. Dis vir jou belangrik om dienstig te wees, nuwe vaardighede aan te leer en jouself te ontwikkel. Jy is altyd gewillig om hand by te sit of raad te gee en het ’n praktiese benadering tot die lewe. Jy is met ’n analitiese verstand en ’n oog vir detail geseën, maar jy het ook ’n ondeunde humorsin. Jy is ’n toegewyde ma en maat en ’n kranige tuisteskepper.

INNERLIKE KRAG Jy ag integriteit belangrik en sal dus nie jou standaarde inboet of enige iets minder as jou bes doen nie.

SWAK PUNT Jy wil alles perfek doen en dit kan jou baie angstig en selfkrities maak. Balanseer dit uit deur die volmaakte in die onvolmaakte te sien.

KLEURE Groen en room.

EDELSTENE Sa er en jaspis.

 

 

Weegskaal

 

(24 SEPT. – 23 OKT.)

 

Tot en met die 17de werk selfs die beste planne nie na verwagting uit nie. Dis niemand se skuld nie, dis net Murphy. Wees geduldig en aanpasbaar.

VERHOUDINGS Jy en jou maat stamp ’n ruk lank koppe oor ’n ingewikkelde gesinskwessie, maar dan werk alles op ’n verrassende manier uit.

SELFSORG Verandering is so goed soos ’n vakansie. Kom ’n bietjie weg.

GELDSAKE Vermy rondom die 21ste winskopies wat te goed klink om waar te wees. Jy gaan ’n kat in die sak koop.

 

 

Skerpioen

 

(24 OKT. – 22 NOV.)

 

Kry soveel as moontlik in die eerste helfte van die maand gedoen, dan sal jy later al die aangename dinge kan geniet.

VERHOUDINGS Ouerskap leer jou om te aanvaar dat jy nooit volmaak sal wees nie. Dit beteken egter nie dat jy nie meer as goed genoeg is nie.

SELFSORG Pleks van jou vrye tyd met allerhande aktiwiteite te vul, los ’n bietjie ruimte om spontaan en impulsief te wees.

GELDSAKE Dit gaan moeilik wees om jou besteding in toom te hou. Begroot dus daarvoor.

 

 

Boogskutter

 

(23 NOV. – 22 DES.)

 

Ná ’n paar geringe frustrasies kom dinge reg en is jy in ’n goeie posisie om die inisiatief met kreatiwiteit te neem. As jy eers die bal aan die rol het, sal sake momentum kry.

VERHOUDINGS Jy is oorgehaal vir aksie, maar moenie oorboord gaan en ’n sensitiewe familielid ontstel nie. Doen taktvolle voorstelle pleks van in te spring en die leiding te neem.

SELFSORG Jy moet heeltyd aan die gang bly en kort baie afwisseling.

GELDSAKE Jy kan dalk meer verdien, maar dit gaan gepaard met die verantwoordelikheid van meer toewyding.

 

 

Steenbok

 

(23 DES. – 20 JAN.)

 

Die lig aan die einde van die tonnel raak stadig maar seker sigbaar. Vertrou op jou innerlike krag en onthou dat uit elke einde ’n nuwe begin spruit.

VERHOUDINGS Hou jou kommunikasiekanale met jou baas, ouers en ander gesagsfi gure oop. Vind soveel as moontlik uit pleks van in die duister te wees.

SELFSORG Vars lug en tyd in die buitelug sal jou kop ná die winter skoonkry.

GELDSAKE ’n Gelukslag maak dat jy met ’n gesinsavontuur kan voortgaan.

 

 

Waterdraer

 

(21 JAN. – 19 FEB.)

 

Fokus tot die 13de op dit wat gedoen moet word en probeer om nie te veel te dink nie. Daarna kan jy ontspan en ander die leisels laat oorneem.

VERHOUDINGS Jou besorgdheid oor wat die beste vir almal is, word bevraagteken, maar ook geprys deur mense wat maklik hul eie belange bo ander s’n plaas.

SELFSORG Maak ruimte vir jou sosiale én kluisenaarskant.

GELDSAKE Materialistiese sake kan nie geïgnoreer word nie. Maak dus korttermynplanne saam met jou maat.

 

 

Vis

 

(20 FEB. – 20 MRT.)

 

Gryp geleenthede aan om iets nuuts te ontdek en jou ondervinding uit te brei. Moenie op die agtergrond skuil nie.

VERHOUDINGS Almal het verskillende gawes en talente. Waardeer dus dit wat jý tot werk- en persoonlike verhoudings bydra. Gooi jul hulpbronne saam en julle sal soveel meer kan uitrig.

SELFSORG Oranje en rooi sal jou selfvertroue ’n hupstoot gee. Dra dié kleure of bring dit op ander maniere in jou lewe in.

GELDSAKE Ignoreer sosiale druk en neem besluite wat jóú gelukkig maak.

 

 

Ram

 

(21 MRT. – 20 APR.)

 

Die begin van die maand beproef jou fisieke én emosionele uithouvermoë. Van die 13de af word jy deur positiewe ontwikkelinge gedryf.

VERHOUDINGS Hou kommunikasiekanale met jou maat en ouers oop. Om dinge uit te praat sal tot wedersydse begrip lei.

SELFSORG Skep orde sodat jy meer gedoen kan kry én meer tyd vir rus en ontspanning het.

GELDSAKE Hoëgehalte-vakwerk kos aanvanklik meer, maar dit werk op lang termyn goedkoper uit.

 

 

Bul

 

(21 APR. – 21 MEI)

 

Neem die leiding en bring die familie vir ’n spesiale geleentheid bymekaar. Tref die praktiese reëlings rondom dié byeenkoms wanneer dit jou pas.

VERHOUDINGS Gewoonlik kan jy op jou instink staatmaak wanneer dit by ouerskap kom, maar nou kort jy ’n buitestander se raad. Deel jou bekommernisse met ’n vertroueling.

SELFSORG Maak tyd vir klein goedjies wat jou plesier gee. Dis noodsaaklik vir jou welstand.

GELDSAKE Jy het die groen lig vir ’n beoogde uitgawe.

 

 

Tweeling

 

(22 MEI – 21 JUN.)

 

Jy moet aan die vereistes van jou werk-, huis- én sosiale lewe voldoen en dit hou jou fisiek en verstandelik op jou tone. Ken jou grense en sê af en toe nee, anders gaan jy baie gespanne wees.

VERHOUDINGS Jou maat is baie opgeruimd en kom met allerhande moontlikhede vorendag. Dis meestal net wensdenkery, maar van dié drome en planne kan dalk tot iets meer lei.

SELFSORG Jy het ruimte nodig om asem te skep. Ontspan met ’n goeie leesboek.

GELDSAKE Gaan jul gesinsbegroting na en bring die nodige veranderinge aan.

 

 

Kreef

 

(22 JUN. – 23 JUL.)

 

Daar is verwikkelinge in jou loopbaan. Hoewel dit positief is, is jy senuagtig om buite jou gemaksone te beweeg. Gun jouself tyd om gewoond daaraan te raak.

VERHOUDINGS ’n Verhouding wat deur ’n rowwe tyd gegaan het, toon tekens van vernuwing. Om nuut te kan begin moet jy enige griewe of wrokke laat vaar.

SELFSORG Jy verdien ’n uiters selfsugtige en spesiale bederf.

GELDSAKE ’n Gulhartige geskenk aan die einde van die maand gee jou rede om fees te vier.

 

 

Leeu

 

(24 JUL. – 23 AUG.)

 

Jy moet ongelukkig realisties wees en die verstandige ding doen. Hoewel dit teleurstellend is, sal jy vergoed word sodra jy die werklikheid aanvaar. ’n Aangename verrassing kikker boonop jou bui op.

VERHOUDINGS Daar is nuwe mense in jou lewe. Party is net tydelike kennisse, maar ander kan dalk goeie vriende word. Waardeer hulle almal.

SELFSORG ’n Weifeling in jou selfvertroue is ’n aanduiding dat jy uitgebrand is en met ’n bietjie rus kan doen.

GELDSAKE Hou by jul begroting wanneer julle jul gesinsvakansie beplan.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou Sterre: Augustus 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

Close