×
Skakel na Engels

Jou Sterre: Oktober 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

Weegskaal

 

(24 SEPT. – 23 OKT.)

 

Tot die agtste moet jy al jou diplomatiese vermoëns inspan om moontlike konfliksituasies te vermy. Daarna raak dinge rustiger en kan jy met persoonlike projekte voortgaan.

 

VERHOUDINGS Misverstande is hoogs waarskynlik. Maak dus dubbel seker van reëlings sodat almal op dieselfde golflengte is.

SELFSORG Pamperlang jouself al is jy ook hoe besig. As jy goed lyk, sal jy ook goed voel.

GELDSAKE Jy het toestemming om uitspattig te wees, maar binne perke.

PERSOONLIKHEID Weegskaalvroue is afgerond en sjarmant en geniet dit om ander gelukkig te maak. Die manier waarop jy aantrek en jou huis versier, spreek van jou goeie smaak. Klassieke, onderskatte elegansie is of ’n verhoging te vra. jou styl. Jy het ’n voorliefde vir kuns, kultuur en goeie geselskap. Dit maak van jou ’n waarderende luisteraar. Vir jou gaan die huwelik daaroor om te deel, te kommunikeer en saam te beplan. Jy’s ’n regverdige ouer en stel hoë standaarde vir goeie gedrag vir jou kinders.

INNERLIKE KRAG Jy het ’n gawe om raak te sien wat mense gemeen het en is daarom ’n natuurlike bemiddelaar.

SWAK PUNT Jy kan te maklik toegee en sal daarby baat vind om die kuns van gepaste konfrontasie aan te leer.

KLEURE Blou en ivoor.

EDELSTENE Diamant en opaal.

 

Skerpioen

 

(24 OKT. – 22 NOV.)

 

Dié dinamiese tyd laat jou ambisieus en optimisties voel. Gebruik dié positiewe energie om nuwe opsies te ondersoek en kreatiewe veranderinge te maak.

VERHOUDINGS Moenie so swaarmoedig wees nie en leer om vir jouself te lag in persoonlike interaksies. Ignoreer toevallige opmerkings pleks van die dieper betekenis daaragter te probeer ontleed.

SELFSORG Fisieke oefening en baie vars lug sal jou vitaliteit ’n hupstoot gee.

GELDSAKE Omstandighede sal jou inisiatief help neem om jou inkomste te vermeerder of ’n verhoging te vra.

 

Boogskutter

 

(23 NOV. – 22 DES.)

 

Jy is in ’n ywerige fase. Dis ’n goeie tyd om aan inspirasie uiting te gee en ander met jou geesdrif te motiveer. Daar’s ook die moontlikheid van ’n onverwagse geleentheid om te reis.

VERHOUDINGS Hou jou eerste mening in groepsituasies eers terug. Luister na wat gesê word en lewer jou bydrae eers aan die einde.

SELFSORG Onthou om te midde van al die opwinding steeds behoorlik te eet en gereeld ’n goeie nagrus te kry.

GELDSAKE Weerstaan die drang om reeds vroeg in die maand geld te verkwis.

 

 

Steenbok

 

(23 DES. – 20 JAN.)

 

Jy is onseker oor wat jy wil hê. Hou dus jou opsies so lank moontlik oop. Oorweeg verskillende moontlikhede, selfs dié wat lyk of dit buite die kwessie is. Jy sal mettertyd klaarheid kry.

VERHOUDINGS Wees taktvol wanneer jy met mense in gesagsposisies te doen het. Moenie die krag van sjarme onderskat om die weg te baan en samewerking aan te moedig nie.

SELFSORG Tyd weg van jou werk en gesin af sal jou goeddoen.

GELDSAKE Geniet dit om aan die ontvangkant van onverwagse vrygewigheid te wees.

 

 

Waterdraer

 

(21 JAN. – 19 FEB.)

 

Stel jou idees in werking pleks van vir die perfekte plan of situasie te wag. Jy sal uit ervaring leer en namate dinge ontwikkel. Geniet die reis.

VERHOUDINGS Dis ’n uitstekende tyd om jou sosiale kring uit te brei of jou saam met ander vir ’n gesamentlike saak te beywer. Kombineer ’n goeie daad met pret en plesier.

SELFSORG Kom in die gewoonte om jou brein voor slaaptyd te laat afskakel deur iets ontspannends te lees.

GELDSAKE Vergelyk pryse voordat jy reëlings vir ’n gesinsvakansie tref.

 

 

Vis

 

(20 FEB. – 20 MRT.)

 

Nuwe moed en selfvertroue plaas jou in ’n goeie posisie om ’n opwindende uitdaging aan te pak. Dit sal goed voel om jouself verder as jou gewone perke te druk.

VERHOUDINGS Oppas om net aan te neem dat jou maat weet wat jy dink. Doen moeite om jou emosies in woorde uit te druk.

SELFSORG Herstel jou innerlike vrede met pragtige beelde, klanke en woorde.

GELDSAKE Wend gesamentlik ’n poging aan om impulsiewe kopies tot die 15de in te perk, anders gaan julle later spyt wees.

 

 

Ram

 

(21 MRT. – 20 APR.)

 

Jy beleef baie positiewe veranderinge en word vir jou onlangse moeite beloon. Rondom die negende sal daar ’n geleentheid wees om jou horisonne te verbreed.

VERHOUDINGS Deel jou geesdrif met ander, maar gee hulle tyd om daaroor na te dink voordat jy antwoorde begin verwag.

SELFSORG Vier die lente deur gereeld in groot, oop ruimtes te kom.

GELDSAKE Bespreek gesamentlike besluite met jou maat oor hoe om jul hulpbronne ten beste te benut.

 

 

Bul

 

(21 APR. – 21 MEI)

 

Hersien jou weeklikse roetines en sorteer herhalende probleme uit. Klein veranderinge kan ’n groot verskil maak.

VERHOUDINGS Wanneer jy met iemand te doene kry wat net so hardkoppig soos jy is, is jou instink om jou man te staan. Deur net ’n bietjie kop te gee kan jy egter as die wenner uittree.

SELFSORG Harmonie is noodsaaklik vir jou welstand. Ruim dus jou leef- en werkruimte op.

GELDSAKE Gaan fakture in die middel van die maand dubbel na, want die kans vir foute is groot.

 

 

Tweeling

 

(22 MEI – 21 JUN.)

 

Die begin van die maand is emosioneel uitdagend en wakker vrae oor jou lewensgehalte aan. Gun jouself tyd vir oorweging en hersiening – jy sal die vrugte ná die 25ste pluk.

VERHOUDINGS Rig jou verhouding met jou maat én jou vriende op pret en fokus daarop om nuwe goed te beleef pleks van net te sit en klets.

SELFSORG Maak doelbewus ’n punt daarvan om jou sterk punte te waardeer.

GELDSAKE Wag totdat jy meer helderheid oor jou prioriteite het voordat jy groot aankope doen.

 

Kreef

 

(22 JUN. – 23 JUL.)

 

Wees bereid om werkmoontlikhede te oorweeg wat jou ervaring kan uitbrei. Sodra jy begin, sal die angstigheid oor ’n nuwe terrein oorwaai. Knap jou leefruimte

by die huis op.

VERHOUDINGS Familieverhoudings is op die oomblik ’n belangrike tema. Luister tussen die lyne en jy sal nuwe insigte kry oor mense wat jy gedink het jy goed ken.

SELFSORG Oefening wat jou soepelheid verbeter, soos joga, sal voordelig vir jou liggaam én gees wees.

GELDSAKE Winskopies en spesiale aanbiedings maak luukshede moontlik.

 

 

Leeu

 

(24 JUL. – 23 AUG.)

 

Die omstandighede is gunstig vir jou om jou horisonne te verbreed. Jy kan nie wag om aan die gang te kom nie, maar maak jouself reg vir baie besprekings en onderhandelings vooraf.

VERHOUDINGS Dis wonderlik as kinders met kreatiewe gawes geseën is, maar moedig hulle aan om dit ook vir die lekkerte te doen. Moenie dat druk om te presteer hul spontaniteit bederf nie.

SELFSORG Ontspan gereeld sodat jy weer met jouself in voeling kan kom.

GELDSAKE Dis nie ’n goeie tyd om ’n motor te koop of ’n huurooreenkoms aan te gaan nie.

 

 

Maagd

 

(24 AUG. – 23 SEPT.)

 

Jy dink jou selfbeeld het ’n knou gekry, maar dis meer in jou kop as iets anders. Deel jou bekommernisse met iemand wat ’n goeie klankbord is – dit sal jou perspektief op sake herstel.

VERHOUDINGS Jy hou daarvan om mense te help, maar dit kan in ander se beste belang wees om self verantwoordelikheid te aanvaar. Onthou dít wanneer jy wil sê: “Ék sal dit doen!”

SELFSORG ’n Nuwe omgewing sal jou die wêreld se goed doen. Verken dus nuwe plekke.

GELDSAKE Dis beter om nie finansiële kontrakte tot ná die 25ste te teken nie.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou Sterre: September 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

Close