×
Skakel na Engels

Jou sterre Maart 2018

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings inhou
Maart 2018

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Gryp elke geleentheid aan om meer werkservaring op te doen of ’n nuwe rigting te verken. Moenie te veel geld uitgee nie, hou by ’n begroting en begin ernstig spaar.

SELFSORG: Wees so vrygewig teenoor jouself as wat jy teenoor ander is.

PERSOONLIKHEID: Die goedhartige Vis swem maklik saam met die stroom. Jy is sensitief en intuïtief, en in jou hart is jy ’n digter, kunstenaar of dromer. Jy is ’n liefdevolle maat en ouer, plaas ander se belange eerste en maak maklik opofferings.

STERK PUNT: Jy kan met ander se ervaringe identifiseer sonder om te oordeel.

SWAKHEID: Omdat jy ’n sagte plek vir afvlerkvoëltjies en uitgeworpenes het, kan mense jou maklik misbruik as jy nie leer om grense te stel nie.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Sê ja vir avontuur, of dit in die vorm van reis, ’n leergeleentheid of die verkenning van jou binnewêreld is.

EDELSTENE: Ametis en koraal.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Tot en met die 17de is die pas van die lewe vinnig en prettig. Daarna verskuif die fokus na verantwoordelikhede en om dinge gedoen te kry. Wanneer jy struikelblokke teëkom, dink mooi na voordat jy aanbeweeg.

Selfsorg: Sit tyd opsy om met buitelugaktiwiteite jou batterye te herlaai.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Fokus daarop om dinge gedoen te kry – gee aandag aan onafgehandelde take en hersien jou begroting. Jou uitkyk op sake sal waarskynlik verander; daarom is dit beter om belangrike besluite tot volgende maand uit te stel.

Selfsorg: Jy het ekstra tyd nodig om te rus, te reflekteer en die mooi van die lewe te waardeer.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Positiewe verwikkelinge by die werk kan jou horisonne verbreed. Dink op jou voete en improviseer. Rondom die 23ste sal dit beter wees om te hersien as om net voort te beur.

Selfsorg: Dink minder, beweeg meer en wees bereid om te waag.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

Pleks van in ’n groef vasval, wees oop vir nuwe idees. In die middel van die maand vra kommunikasie met jou maat en ouers ekstra geduld en toewyding. Dade sê dikwels meer as woorde.

Selfsorg: Dink aan die einde van elke dag na oor wat jou dié dag laat goed voel het.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Op die lang termyn sal dit lonend wees om werkstelsels aan te pas. Jy sal tevrede wees met jou maat as jy hom of haar onvoorwaardelik aanvaar en as julle rustige plesiertjies deel. Bevestig alle reisreëlings.

Selfsorg: Plaas minder druk op jouself om te presteer en laat jouself toe om meer pret te hê.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Wees rustig tot die 6de, wanneer jy ’n tyd binnegaan wat gunstig is vir nuwe idees en projekte. Dit is ook tyd om jou verantwoordelikhede te hersien. Staan ná die 22ste ’n tree of wat terug.

Selfsorg: Probeer dapper genoeg wees om te vra vir dit wat jy nodig het.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Wanneer jy vol energie is, gryp die kans aan om dinge te laat gebeur. Moenie toelaat dat struikelblokke jou pootjie nie. Herbedink sake en soek ’n weg rondom die probleem.

Selfsorg: Sit getrou tyd vir jouself opsy.

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Pleks van teen die prikkels te skop, moet jy weet wanneer om dinge net te los en die lewe sy loop te laat neem. Rondom die 11de sal jou geldsake ’n onverwagse hupstoot kry. Op kantoor moet jy seker maak van die detail en reëlings opvolg.

Selfsorg: Gee jou gesondheid ’n hupstoot met verskillende fisieke aktiwiteite.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Jou maand spring op ’n dinamiese wyse weg. Daar is ook ’n paar aangename verrassings. Om kinders verantwoordelikheid te leer is uitdagend en jy sal kreatief hieroor moet dink. Maak ook ’n punt daarvan om geldkwessies uit te sorteer.

Selfsorg: Dit is goed om te mediteer, oor die lewe na te dink en die verlede agter te laat.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Om op die hoogte van familiesake te bly hou jou op jou tone. Moet liefs nie oororganiseer nie – jy sal net teenkanting ervaar. Laat ruimte vir spontaniteit en inisiatief. Rondom die 16de moet jy bereid wees om opsies te bespreek en oor oplossings te onderhandel.

Selfsorg: Lag bly steeds die beste medisyne.

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

Jy sal stimulerende mense en interessante idees teëkom. Die moontlikheid van ’n kort reis wink ook. Vanaf die 17de verskuif die fokus na sake agter die skerms.

Selfsorg: Ontspan voor slaaptyd as jy ’n goeie nagrus wil hê.

LEES OOK:

Die beste kleur om dié somer te dra volgens jou sterreteken

Die interessantste kenmerk van jou sterreteken

Sterre se moderne weergawes van klassieke Oscar-rooitapytvoorkomste

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings Maart 2018

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons Maart-uitgawe verskyn het

Close