×
Skakel na Engels

Jou sterre Junie 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou
Jou sterre Junie 2017

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Daar wag ’n stimulerende maand op jou met die verkenning van nuwe belange en die voorlegging van jou idees. Jy sal selfversekerd oorkom en mense sal dus goed reageer op wat jy te sê het.

SELFSORG: Probeer om voor slaaptyd te ontspan sodat jy ’n goeie nagrus kan kry.

PERSOONLIKHEID: Die Tweelingvrou is ’n ryk bron van inligting en ’n goeie kommunikeerder. Jy is aanpasbaar, veral wat nuwe situasies betref. As ’n stimulerende maat en ’n gemaklike ouer hou jy altyd jul gesinslewe interessant.

STERK PUNT: Omdat jy veelsydig is en vinnig leer, sal jy in verskeie soorte werk goed vaar.

SWAKHEID: Jy is dikwels in jou gedagtes vasgevang en kan jou liggaam se behoeftes ignoreer en jou welstand afskeep.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Gee uiting aan jou kreatiwiteit deur ’n skryfkursus te volg, met kleure te eksperimenteer of prettige danslesse te neem.

EDELSTENE: Agaat en sitrien.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

Wees proaktief pleks van vir ander te wag. Hulle sal weldra by jou inval. Dis ook ’n goeie tyd om ou vriende te kontak.

Selfsorg: ’n Vinnige stappie sal keer dat die wintergrouheid jou onderkry.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Dit sal beslis tot jou voordeel wees as jy geleenthede aangryp om aan interessante aktiwiteite deel te neem wat jou aan ’n verskeidenheid mense en verskillende denkwyses sal blootstel. Die middel van die maand is ’n goeie tyd vir vreedsame, produktiewe spanwerk.

Selfsorg: Jy sal dié winter af en toe moet hiberneer om jou batterye te herlaai.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Kommunikasie is vandeesmaand ’n belangrike tema by die werk. Gesels met jou baas oor maniere om jou werk te verbeter. Moenie jou maat druk om oor goed te gesels as hy nie gereed is nie.

Selfsorg: Lag is goeie medisyne. Maak dus seker jy doen dit gereeld.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Dinge voel aanvanklik gejaagd, maar dan neem die pas weer af. Gaan rustig met jou werk voort en jy sal goeie vordering maak. Planne wat op ys gesit is, kry ná die 13de ’n hupstoot.

Selfsorg: Geniet meer van die eenvoudige plesiertjies wat die lewe so kosbaar maak.

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Hou vir nou by die bekende; jy kan later uit jou gemaksone beweeg. Beplan ’n romantiese afspraak met jou maat, maar moenie druk op julle twee plaas nie. Hou dinge eenvoudig.

Selfsorg: Vertroetel en pamperlang jouself.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Jy sal dié maand ’n positiewe omwenteling in ’n wanhopige situasie sien. Luister rondom die 15de na wat jou maat te sê het pleks van aan te neem dat jý al die antwoorde het.

Selfsorg: Maak aanpassings in die afdelings van jou lewe wat ongebalanseerd geraak het.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Vermy opgehoopte spanning deur vir jou maat te sê wat nié vir jou werk nie, maar moenie vingers wys nie. Luister ook na sy kant van die storie en bespreek dan moontlike oplossings.

Selfsorg: ’n Winterwegbreek na ’n rustige plek sal jou goed doen.

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

Jou huis- en gesinslewe verg ekstra aandag. Veral prettige aktiwiteite saam met jou kinders sal bevredigend en stimulerend wees. Loop lig vir sensitiewe kwessies op kantoor.

Selfsorg: Kry jou kop skoon met ’n fl ink stappie in die buitelug.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Jy vind dit makliker as gewoonlik om jou gevoelens uit te druk. Gesinsbesprekings oor belangrike sake sal dus glad verloop. Gee gehoor aan jou behoefte aan nostalgie deur herinneringe van die verlede te deel.

Selfsorg: Ontspan met ’n goeie boek.

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Die fokus is op die versorging van jou huis en gesin. Moenie kitsoplossings gebruik nie; vat eerder dinge rustig sodat jy sensitief vir jou eie en ander se behoeftes kan wees. ’n Kalm benadering sal die beste wees.

Selfsorg: Bederf jouself met ’n dosis van die winter se knus plesiertjies.

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Jou maand skop wankelrig af, maar van die 6de af raak dinge weer stabiel. Mense is behulpsaam en jy kry heelwat uitgerig sonder te veel moeite.

Selfsorg: Dra die mooi goed in jou klerekas wat jou vroulik laat voel en geniet die komplimente.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou Sterre Mei 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou

Close