×
Skakel na Engels

Jou sterre: Julie 2016

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir die maan inhou.

Kreef

(22 JUN. – 23 JUL.)

Jy besef dat wat vir ander reg is, nie noodwendig vir jou reg is nie. Bepaal jou keuses volgens wie jý is en wat jou lewensuitkyk is. Slaan rondom die 17de ag op spaarwenke.

SELFSORG Bederf jouself met nuwe grimering of ’n mooi haarkleur.

PERSOONLIKHEID Die goedhartige, sensitiewe Kreefvrou is ’n natuurlike tuisteskepper.

Familie is vir jou belangrik, maar jy kan ook ’n knap sakevrou wees. Jou bui verander gedurig. Jy is ’n intuïtiewe ouer wat getrou op geliefdes se behoeftes reageer.

STERK PUNTE Emosionele begrip is jou gawe; jy is dus uitstekend daarmee om na projekte om te sien, en ook na mense  wanneer hulle besig is om hul voete te vind.

SWAKHEDE Omdat die bekende jou veilig laat voel, is jy bang vir verandering en bekommer

jy jou oor wat kan skeefl oop.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR Planne om te verhuis of opknapwerk te doen sal vinniger vorder as wat jy verwag het. Berei jouself op positiewe verandering voor.

EDELSTEEN Maansteen.

Leeu

 

(24 JUL. – 23 AUG.)

Selfs al is jy hóé vasberade, kan jy niks aan faktore buite jou beheer doen nie. Staan terug en konsentreer op stiller aktiwiteite soos om agter die skerms beplanning te doen. Jy kan van die middel van die maand af weer die leisels neem.

Selfsorg: Doen minder en herlaai jou batterye.

 

Maagd

(24 AUG. – 23 SEPT.)

’n Vriendin het ’n simpatieke oor nodig. Jy kan later raad gee wanneer sy ontvankliker daarvoor is. Jy sal ná die 15de uitstekende vordering kan maak met projekte wat konsentrasie en fokus vereis.

 Selfsorg: Rus en herwin jou kragte deur te lees of romantiese komedies te kyk.

 

Weegskaal

(24 SEPT. – 23 OKT.)

Jy kan mense gewoonlik help om hul geskille opsy te sit en vrede te maak, maar die gemoedere loop hoog. Wag dus eers dat dinge bedaar. Praat rondom die 20ste uit jou hart uit en jy sal gehoor word.

Selfsorg: Luister na die wysheid van jou liggaam pleks van dit weg te rasionaliseer.

 

Skerpioen

(24 OKT. – 22 NOV.)

Nadat jy in ’n groef was, het jy nou die groen lig om voort te gaan. As dinge seepglad verloop, is jy op die regte koers. Dis ’n goeie tyd om kontak te maak met familie wat ver bly.

Selfsorg: Kry jouself uit daardie groef deur nuwe ervaringe te beproef.

 

 

Boogskutter

(23 NOV. – 22 DES.)

Jou begeerte om betekenisvolle veranderinge te maak word al hoe sterker. Hiermee saam kom ’n bewuswording van die emosionele patrone wat jou ondermyn. Begin klein en jy sal dit weldra heeltemal kan verander.

Selfsorg: Slaan ag op jou gevoelens – dit is ’n waardevolle bron wat leiding betref.

 

Steenbok

(23 DES. – 20 JAN.)

Om na geliefdes om te sien beteken dat jy nie so baie soos gewoonlik gedoen kry nie. Dis egter meer as die moeite werd, want jy kry soveel in ruil daarvoor. Wees voorbereid op skielike veranderinge aan jou planne rondom die 16de.

Selfsorg: Vertrou die waardes van jou hart.

 

Waterdraer

 

(21 JAN. – 19 FEB.)

Nadat jy ’n rukkie teruggehou is, kan jy nou vordering by die werk maak. Wees sensitief vir mense se gevoelens wanneer jy veranderinge instel en gee hulle tyd om aan te pas. Beplan ’n afspraak met jou man rondom die 17de.

Selfsorg: Maak afsprake vir gesondheidstoetse.

Vis

(20 FEB. – 20 MRT.)

Om ekstra tyd saam met jou kinders deur te bring sal jou én hulle goed doen. Dit beteken dat jy nie so beskikbaar soos gewoonlik vir vriende sal wees nie en dat jy ander verpligtinge sal moet afskaal. Reëlings vir ’n gesinsvakansie kom in die middel van die maand reg.

 

Selfsorg: Pamperlang jouself met geurige badgoed of heerlike stortjels.

Ram

(21 MRT. – 20 APR.)

Aspekte wat nie wou vorder nie, kom weer aan die gang. Daarmee saam kom ’n hernude gevoel van doelgerigtheid en vasberadenheid. Die tyd is reg om emosioneel sensitiewe kwessies te bespreek en korttermynooreenkomste aan te gaan.

Selfsorg: Put voordeel uit winterplesiere soos verfrissende stappies en gesellige aande op die bank.

 

Bul

(21 APR. – 21 MEI)

Jou man moes onlangs ’n paar struikelblokke oorkom. Die situasie is egter besig om te verander, wat maak dat hy meer beskikbaar vir jou en die gesin is. Fokus van die 12de af daarop om jou huis op te kikker.

Selfsorg: Geniet trooskos, maar in matigheid.

 

Tweeling

(22 MEI – 21 JUN.)

Hanteer ekstra uitgawes deur verstandig te wees. Jy is van die 14de af in ’n skeppende en gesellige fase. As jy jou daarop toespits, sal jy vordering maak met ’n veeleisende projek by die werk.

 

Selfsorg: Woon ’n gereelde gimklas by of gaan stap saam met ’n vriendin.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
V&A met ’n seleb-haarstilis

’n Seleb-haarstilis beantwoord sewe vrae oor haarsorg

Close