×
Skakel na Engels

Jou sterre: Januarie 2015

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

Steenbok

 

(23 DES. – 20 JAN.)

 

Dis in jou aard om te veel verantwoordelikheid te aanvaar. Wees realisties oor wat jy kan hanteer en moenie iets bloot uit plig doen nie.

VERHOUDINGS Dis nie net wát jy sê wat tel nie, maar ook hóé jy dit sê. Gebruik sagte woorde om nie te veroordelend te klink nie.

SELFSORG Om in of naby aan water te wees sal jou laat ontspan en herlaai wanneer jy baie gespanne is.

GELDSAKE Hersien jou aannames oor geldelike prioriteite.

PERSOONLIKHEID Steenbokvroue is nederig en neem die lewe ernstig op. Jy skrik nie vir harde werk nie en is baie verantwoordelik. Jy kan goed organiseer en stelsels ontwerp, maar vind roetine-onderhoud vervelig. Jy is nogtans altyd goed voorberei en neem slegs berekende risiko’s. Jy kan ’n verbasend ondeunde humorsin hê. Jy’s ’n lojale maat, ’n bekwame ouer en so selfstandig dat dit voorkom of jy nie ander mense nodig het nie.

INNERLIKE KRAG Jou opregtheid maak dat mense instinktief weet dat hulle jou kan vertrou om eerlik en openlik te wees.

SWAK PUNT Jou hoë standaarde kan jou te bevooroordeeld teenoor jouself en ander mense maak. Wees minder krities.

KLEURE Skakerings van bruin en koningsblou.

EDELSTENE Saffier en oniks.

 

 

Waterdraer

 

(21 JAN. – 19 FEB.)

 

Simpel foute en glipsies is ’n aanduiding dat jy dinge rustiger moet vat. Wanneer jy nie so gejaagd is nie, kan jy helderder dink en beter keuses doen.

VERHOUDINGS Hoe meer insig jy het in die manier waarop jou kinders dink, hoe beter sal jy hulle verstaan. Reguit vrae is nie altyd die beste taktiek nie. Dink slim oor hoe jy hulle kan uitvra.

SELFSORG Tuinwerk of ’n ent se stap in die natuur sal jou weer in voeling met die aarde bring.

GELDSAKE Verminder vermorsing en spaar só ’n paar rand.

 

 

Vis

 

(20 FEB. – 20 MRT.)

 

Jy voel vasgevang en dis aanvanklik ontmoedigend, maar dan val die innerlike én uiterlike struikelblokke weg. Jy kan nou inisiatief neem en die omstandighede speel mooi saam.

VERHOUDINGS Dis nie die geskikte tyd om die idees wat binne-in jou borrel met jou maat te bespreek nie, want jy gaan te gou praat. Laat die saadjies nog ’n rukkie ontkiem.

SELFSORG Kom weer in voeling met jouself deur stil, mediterende aktiwiteite soos skilder of swem te doen.

GELDSAKE Vermy impulsiewe kopies deur nie moeg winkels toe te gaan nie.

 

 

Ram

 

(21 MRT. – 20 APR.)

 

Die gedagte daaraan om by groepaktiwiteite betrokke te raak lyk dalk aanloklik, maar dan kwyn jou geesdrif. Luister na jou twyfelstemmetjie en moenie oorhaastig besluite neem nie.

VERHOUDINGS Dis tyd om die rol wat vriende in jou lewe speel te heroorweeg. Doen afstand van party vriendskappe indien nodig.

SELFSORG Ruim van die middel van die maand af tyd vir ontspanning in, anders gaan jy tam en flou voel.

GELDSAKE Dink twee keer rondom die 19de voordat jy ’n luukse, impulsiewe aankoop doen.

 

 

Bul

 

(21 APR. – 21 MEI)

 

Jy beplan lankal aan ’n langtermyndoelwit, maar daar’s ’n ander manier om dit te bereik. Wees ontvanklik vir wat die toekoms inhou en luister na al die voorstelle – selfs die gewaagdes en die verspottes.

VERHOUDINGS Onduidelike kommunikasie skep probleme met ’n ouerfi guur. Moenie kortaf en reguit wees nie; jy sal ’n sensitiewer benadering moet volg.

SELFSORG Jy sal baat vind by ligte oefening soos swem of om saam met ’n vriend te stap.

GELDSAKE Gaan kontrakte of kwotasies deeglik na en wys kwelpunte uit.

 

 

Tweeling

 

(22 MEI – 21 JUN.)

 

Interessante geleenthede duik op, maar komplikasies keer dat jy dinge verder kan voer. Wees geduldig en hou die kommunikasiekanale oop.

VERHOUDINGS Praat met jou maat oor jul gedeelde verantwoordelikhede. Identifiseer probleemkwessies en dink saam hoe julle doeltre ender te werk kan gaan.

SELFSORG Vergeetagtigheid is ’n aanduiding dat jy te veel het om aan te dink en met ’n blaaskans kan doen.

GELDSAKE Wees rondom die 17de versigtig vir ’n skynbaar fantastiese kopie – dis nie wat dit op die oog af na lyk nie.

 

 

Kreef

 

(22 JUN. – 23 JUL.)

 

Om goed georganiseerd te wees maak dit makliker om met die eise van jou werk en gesin by te bly. Jy sal die tyd wat jy aan voorafbeplanning bestee dubbel en dwars terugkry.

VERHOUDINGS ’n Hele paar afsprake en beloftes word nie nagekom nie en dit ontstig jou. Moet dit egter nie persoonlik opneem nie. Dis ’n geval van dinge wat skeefloop omdat mense gestres is.

SELFSORG Maak elke week tyd om jouself te versorg.

GELDSAKE ’n Winskopie is nie ’n winskopie as jy dit nie regtig nodig het nie.

 

 

Leeu

 

(24 JUL. – 23 AUG.)

 

Daar lê ’n produktiewe maand vir jou voor waarin jy heelwat praktiese take afgehandel sal kry. Dit sal fokus en toewyding verg, maar die resultate maak dit die moeite werd.

VERHOUDINGS Jy en jou maat het verskillende sterk punte en maak dus ’n goeie span. Onthou dít wanneer jy vies raak omdat hy nie soos jy dink nie.

SELFSORG Neem beheer van minstens een gewoonte wat jou welstand skaad.

GELDSAKE Hou boek van jou besteding, anders gaan jou hulpbronne vinniger opraak as wat jy verwag het.

 

 

Maagd

 

(24 AUG. – 23 SEPT.)

 

Veranderinge in die kantoor dwing jou om anders te dink oor die manier waarop jy werk. ’n Fokus op spanwerk maak goeie kommunikasie noodsaaklik.

VERHOUDINGS ’n Goed geoliede huishouding is minder belangrik as gehaltetyd saam met jou gesin. Leer om minder in beheer te wil wees.

SELFSORG Verseker jouself van ’n goeie nagrus met ’n ontspanningsroetine voor slaaptyd.

GELDSAKE Vermy geldelike besluite rondom die 17de, want jou oordeel sal nie dan so in die kol wees nie.

 

 

Weegskaal

 

(24 SEPT. – 23 OKT.)

 

Interaksies met ’n wye verskeidenheid mense gee jou iets om oor na te dink en laat jou sekere vooroordele bevraagteken.

VERHOUDINGS Hoewel vandag se kinders op tegnologie fl oreer, moenie dat hulle hul ander aktiwiteite afskeep nie, veral nie dié wat sosiale vaardighede slyp nie. Gereelde gesinskuiertyd is een moontlike oplossing.

SELFSORG Harmonie is noodsaaklik vir jou welstand. Luister na kalmerende musiek terwyl jy roetinetake verrig.

GELDSAKE Leen rondom die 19de net uit wat jy kan bekostig om af te skryf.

 

 

Skerpioen

 

(24 OKT. – 22 NOV.)

 

Die maand begin goed, maar rondom die 12de tref jy ’n laagtepunt en voel dit of jou probleme onoorkombaar is. Wag totdat die beproewing verby is en kom dan stadigaan weer op koers.

VERHOUDINGS Vir ’n ruk voel dit of julle in sirkels praat oor ’n besluit wat jul uitgebreide familie raak. Wees geduldig en vertrou dat alles ten goede sal uitwerk.

SELFSORG Oppas om nie jouself te ooreis nie, anders gaan jy gedaan wees.

GELDSAKE Stabiliseer jou geldsake deur goeie geldbestuur toe te pas. Hersien en wysig ou gewoontes.

 

 

Boogskutter

 

(23 NOV. – 22 DES.)

 

Pleks van jouself tot te veel dinge te verbind, skaal af en konsolideer. Fokus op jou prioriteite en druk deur en jy sal tasbare resultate kry.

VERHOUDINGS Jou verhouding met jou broer of suster lewer uitdagings sowel as aangename verrassings op. Sit jou vooroordele opsy, kyk verby meningsverskille en vind ’n gemeenskaplike terrein vir julle albei.

SELFSORG Stel vir jouself ’n doelwit vir persoonlike ontwikkeling en begin vandag nog daaraan werk.

GELDSAKE Volg op oor sake-idees en maniere om jou inkomste te verhoog.

 

 

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou sterre: November 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

Close