×

Jou sterre Februarie 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou sterre voorspellings vir dié maand inhou
waterdraer

Waterdraer

(21 JAN. – 19 FEB.) 

Dit is ’n gawe om die lewe deur ’n ander lens te beskou. Vertrou dus jou denkwyse. Hoe meer jy jou idees met mense van alle porture deel, hoe meer geïnspireerd sal jy wees.

SELFSORG Wees soveel as moontlik in die buitelug.

PERSOONLIKHEID As Waterdraervrou is jy vriendelik en sosiaal, maar jy geniet dit ook om alleen te wees. Jy is intelligent en bevraagteken dinge, jy heg waarde aan regverdigheid en jy geniet dit om te help om die wêreld ’n beter plek te maak. Jy beskou jou maat as jou beste vriend en jy moedig jou kinders aan om vir hulself te dink.

STERK PUNT Jy kan situasies vanuit ’n objektiewe perspektief beskou.

SWAKHEID Jy is rasioneel; dus kan jy emosionele intelligensie kortkom en onsensitief vir mense se gevoelens wees.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR Bou brûe deur jouself in ander se skoene te plaas.

EDELSTENE Opaal en obsidiaan.

 

Vis

(20 FEB. – 20 MRT.)

Met so baie los drade kan jy nie ver vooruit beplan nie. Hou eerder jou opsies oop. Moet ook nie staatmaak op geld wat nog nie in die bank is nie, want daar kan vertragings wees.

Selfsorg: Jy het ruimte nodig om tot jouself terug te keer en na te dink

 

Ram

(21 MRT. – 20 APR.)

Jy sal gretig wees om dinge te laat gebeur, maar daar is komplikasies. Wees strategies eerder as om jou probleme trompop te loop. Van die 22ste af moet jy meer tegemoetkomend wees vir verskille in jou verhouding.

Selfsorg: Om aktief te wees sal jou goed doen.

 

Bul

(21 APR. – 21 MEI)

Dit is nie ’n goeie idee om gevoelens op te krop net om konfrontasie te vermy nie. Doen iets aan die situasie voordat jy ontplof. Hou tred met nuwe ontwikkelinge in jou loopbaan.

Selfsorg: ’n Kort wegbreek in ’n vreedsame omgewing sal ideaal wees.

 

Tweeling

(22 MEI – 21 JUN.)

Jy gaan aan stimulerende situasies met dinamiese mense blootgestel word. Dit is ook ’n goeie tyd om ’n werkvennootskap te vestig. Los ouerskapprobleme op deur buite die boks te dink.

Selfsorg: Gaan stap saam met vriende eerder as om te gaan ko e drink.

 

Kreef

(22 JUN. – 23 JUL.)

Jou loopbaan is uitdagend – wees proaktief en moenie dinge in ander mense se hande laat nie. Wat jou gesin betref, is mededeelsaamheid en omgee nou belangrik.

Selfsorg: Jy is op jou gelukkigste wanneer jy naweke tuis kan ontspan.

 

Leeu

(24 JUL. – 23 AUG.)

Verandering is tans ’n goeie ding. Bly dus oopkop wanneer jou maat met blink idees vorendag kom. Bly op die kantlyn by die werk eerder as om in kantoorpolitiek kant te kies.

Selfsorg: Jy sal vry voel as jy nie mense probeer tevrede stel nie.

 

Maagd

(24 AUG. – 23 SEPT.)

Dit sal produktief wees om by die werk met nuwe maniere van dinge doen te eksperimenteer. Mik vir meer vryheid en minder roetine. Jy kan ook as ’n katalisator optree om uiteenlopende mense rondom ’n gemeenskaplike doel te laat saamwerk.

Selfsorg: Oefening wat jou diep sal laat asemhaal, sal jou ooraktiewe gedagtes kalmeer.

 

Weegskaal

(24 SEPT. – 23 OKT.) 

Jou lewe is vol – daar is dus nie tyd om besluite met ander mense te bespreek nie. Jy sal op jou voete moet dink. Omstandighede noop jou om onafhankliker te wees.

Selfsorg: Wees net so bedagsaam teenoor jouself as wat jy teenoor ander is

 

Skerpioen

(24 OKT. – 22 NOV.) 

Met harde werk en vasberadenheid kan jy baie vermag. Wees egter wys oor watter kwessies jy wil aanpak. Wat jou gesin betref, plaas jou persoonlike behoeftes opsy en doen wat die beste vir almal is.

Selfsorg: Strawwe oefening is ’n uitlaatklep vir gevoelens wat jy nie maklik kan uitdruk nie.

 

Boogskutter

(23 NOV. – 22 DES.)

Dit is ’n onstabiele maand – maak jou gereed vir skielike koersveranderings. Daar is aangename verrassings, soos ontmoetings met ongewone mense. Evalueer jou begroting.

Selfsorg: Benut geleenthede vir spontane uitstappies saam met jou gesin.

 

Steenbok

(23 DES. – 20 JAN.)

Bestee ekstra energie aan jou huis. Maak veranderinge waarmee jy al lank dreig, maar wees oop vir voorstelle. Wees ook doeltre end wat finansiële beplanning betref.

Selfsorg: Wees vrygewiger teenoor jouself.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou sterre Desember 2016

Tracy Shaw kyk na wat jou sterre voorspellings vir dié maand inhou

Close