×

Jou sterre Desember 2016

Tracy Shaw kyk na wat jou sterre voorspellings vir dié maand inhou
boogskutter

Boogskutter

(23 NOV. – 22 DES.)

 

Jy het baie hooi op jou vurk en oormatige opgewondenheid sal jou van stryk bring. Dit klink dalk teenintuïtief, maar stop gereeld om te besin en jou prioriteite te heroorweeg. Ontmoetings met buitengewone mense rondom die 18de bring onverwagse geskenke.

SELFSORG: Kalmeer jou liggaam en gees met ’n flink stappie.

PERSOONLIKHEID: Die Boogskuttervrou is warm, opgewek en altyd optimisties. Jy hou van reis, buitelugaktiwiteite en leersame ervaringe. Doelgerigtheid is vir jou noodsaaklik om betekenis aan die lewe te gee. Jy’s altyd gereed vir ’n gesinsavontuur.

STERK PUNTE: Jy soek selfs in moeilike situasies die goeie uit en kan dus maklik van terugslae herstel.

SWAKHEID: Jy kan beterweterig voorkom as jy nie leer hoe om te luister nie.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Sluit jou aan by mense wat waarde aan die krag van samewerking heg, en maak saam ’n verskil.

EDELSTENE: Turkoois en ametis.

 

Steenbok

(23 DES. – 20 JAN.)

 

Selfs in die deeglikste planne sal probleme waarskynlik opduik; wees dus voorbereid. Positiewe veranderinge aan die gesinsfront is ’n bewys dat jou moeite beloon word. Jy is aan die ontvangkant van iemand se vrygewigheid.

Selfsorg: Bekommer jou minder; lag meer.

Waterdraer

(21 JAN. – 19 FEB.)

Stappe wat jy nЧЬ doen, sal goed ontvang word; moet dus nie huiwer om inisiatief te neem nie. Jy kan diverse mense suksesvol rondom ’n gemeenskaplike doel bymekaarbring. Dis ook ’n goeie tyd om te reis.

Selfsorg: Sluit soms die wêreld vir ’n rukkie uit.

 

Vis

(20 FEB. – 20 MRT.)

 

Oppas vir impulsiewe aankope; jy kan jouself geldelik ooreis. Werk uit wat jy kan bekostig en hou by jou begroting. Gebruik jou verbeelding om met kreatiewe maniere vorendag te kom om jouself en ander te bederf.

Selfsorg: Jy sal die skoonheid van die natuur baie verkwikkend vind.

Ram

(21 MRT. – 20 APR.)

Dis ’n mensegeЪrienteerde maand. Skerp dus jou sosiale vaardighede op, veral die kuns van praatjies maak en om die beste in almal te sien. Jou maat is vol aangename verrassings en jy hoef net saam te gaan.

Selfsorg: Maak van die 19de af ruimte vir jou sielvolle kant.

 

Bul

(21 APR. – 21 MEI)

Hoewel jy ’n gewoontemens is, wees oopkop oor vernuwings pleks van aan die verlede vas te klou. Die gees van welwillendheid kom maak rondom die 26ste ’n draai.

Selfsorg: Wanneer die lewe te gejaagd raak, neem kort ruskanse om te ontspan.

 

Tweeling

(22 MEI – 21 JUN.)

Omdat jy onder meer druk as gewoonlik is, moet jy baie georganiseerd wees. Komplikasies kan tot vertragings lei; moet dus nie dinge tot op die nippertjie los nie. Gelukkig daag hulp altyd op wanneer jy dit nodig het.

Selfsorg: Soek die positiewe in alles.

 

 

Kreef

(22 JUN. – 23 JUL.)

Jy kan uitsien na gelukkige en vreedsame tye saam met jou familie, selfs verlangse lede. Hoewel ’n bietjie voorafbeplanning nodig is, laat ruimte vir spontaneïteit en respekteer verskillende kommunikasiestyle.

Selfsorg: Voed jou innerlike kind se behoefte aan bewondering en vreugde.

 

Leeu

(24 JUL. – 23 AUG.)

Geduld en volharding word tot die 10de vereis, maar die uitkoms is goed. Jy en jou maat maak ’n goeie span, veral wanneer dinge nie noodwendig op jou manier gedoen word nie. Vrygewigheid is volop rondom die 25ste.

Selfsorg: Delegeer en jy sal meer pret hР.

 

Maagd

(24 AUG. – 23 SEPT.)

Moenie meer werk aanvaar as wat jy kan baasraak nie. Daar is ander wat enige tyd hul deel sal doen, jy moet net vra. Jou geldsake kry in die middel van die maand skielik ’n hupstoot.

Selfsorg: Neem waar moontlik ’n blaaskans van jou gewone roetine.

 

Weegskaal

(24 SEPT. – 23 OKT.)

Die lewe is tans vol verrassings (meestal goeies). Trek dus jou dansskoene aan en geniet dit. As gesinsplanne skielik moet verander, moet jou nie daaroor kwel nie – alles sal uitwerk.

Selfsorg: Neem af en toe ’n bietjie tyd vir jouself, al is dit ook hoe kort.

 

Skerpioen

(24 OKT. – 22 NOV.)

Verpligte sosialisering is uitputtend. Moet jou dus nie onnodig tot iets verbind nie. Los tyd om jou huis, goeie vriende en familie te geniet. Vertrou ook jou instink om die verlede agter te laat en dinge nou anders te doen.

Selfsorg: Kies die pad van vrede, skoonheid en harmonie.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings Desember 2016

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons Desember-uitgawe verskyn het

Close