×
Skakel na Engels

Jou Sterre: Augustus 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie maand een om te onthou! Deur Tracy Shaw

 

 

 

Leeu

 

(24 JUL. – 23 AUG.)

 

Behalwe vir ’n paar veeleisende familieverantwoordelikhede behandel die lewe jou goed. ’n Selfvertrouehupstoot laat jou goed oor jouself voel.

VERHOUDINGS Gaan uit jou pad om vriendelik teenoor moeilike mense te wees. Wees gulhartig maar opreg wanneer jy komplimente oordra of erkenning gee.

SELFSORG Jy sit vinnig gewig aan. Beperk jouself wanneer dit by kilojouleryke kos kom.

GELDSAKE Rondom die 20ste kan jy te veel geld uitgee – koop selektief.

PERSOONLIKHEID Leeuvroue is selfversekerd en ekspressief met ’n goedhartige lewensbeskouing. Soos die son straal jy warmte uit en jy het ’n gawe om die beste in ander mense na vore te bring. Jy kort egter ook erkenning en geniet dit om al die aandag te kry. Met jou sterk wil en kreatiewe flair is jy dikwels aan die stuur van sake. Jy het ’n fyn aanvoeling vir drama en is ’n uitstekende aktrise en geleentheidskoördineerder. Jy is liefderik en lojaal teenoor vriende en familie en ’n liefdevolle vrou en ma.

INNERLIKE KRAG Jy is geesdriftig en gee jouself volkome aan alles waarvoor jy lief is.

SWAK PUNT Jy glo jóú manier is die beste en jy kan baasspelerig wees. Leer om ander in ag te neem.

KLEURE Goud en oranje.

EDELSTENE Robyn en topaas.

 

 

Maagd

 

(24 AUG. – 23 SEPT.)

 

Laat jou verbeelding met moontlikhede rondspeel, maar wees realisties oor hoe prakties dit is. Wanneer die tyd reg is, sal die struikelblokke verdwyn en alles natuurlik vorder.

VERHOUDINGS Sê jou sê teenoor ’n broer of suster, maar kies jou woorde mooi, anders sal jy oorkrities klink en ’n verdedigende reaksie ontlok.

SELFSORG Die wêreld sal nie vergaan as jy jouself af en toe eerste stel nie.

GELDSAKE Rondom die agtste put jy voordeel uit ’n gelukskoot.

 

 

Weegskaal

 

(24 SEPT. – 23 OKT.)

 

Werkverhoudinge verg aanvanklik al jou empatie en begrip. Dan beweeg jy in ’n dinamiese fase in wat jou sosiale vaardighede toets, veral jou vermoë om mense bymekaar te bring.

VERHOUDINGS Wees eerliker met jou maat en jou vriende oor jou voorkeure pleks van inskiklik te wees. Só kan hulle jou vir ’n verandering tegemoetkom.

SELFSORG Neem ’n blaaskans van jou eindelose doenlysie deur jouself in ’n goeie boek te verloor.

GELDSAKE Entrepreneuriese optrede en inisiatiewe dra vrugte.

 

 

Skerpioen

 

(24 OKT. – 22 NOV.)

 

Dit is ’n dinamiese maand waarin jy baie gedoen gaan kry. Jou geesdrif kan jou egter meegevoer laat raak. Wees daarom realisties oor wat jy kan verrig.

VERHOUDINGS Die omstandighede is gunstig om ’n ouer of jou baas om ’n guns te vra. Selfs al kry jy nie jou sin nie, sal die inisiatief die weg tot produktiewe onderhandeling baan.

SELFSORG Verbeter jou lewenskragtigheid deur strawwe – en verkieslik kort en intense – oefening te doen.

GELDSAKE Vermy geldelike risiko’s. Speel eerder veilig.

 

 

Boogskutter

 

(23 NOV. – 22 DES.)

 

Jy gaan ’n gunstige fase in waarin jy jou ervaringe met ander kan deel. Nuwe moontlikhede ontstaan, maar niks is nog vas nie. Wees geduldig.

VERHOUDINGS Een van jou ouers het ’n simpatieke oor nodig. Selfs al het jy dit al gehoor, luister met jou hart en moenie in die besonderhede verstrengel raak nie.

SELFSORG Verbreed jou horisonne met flieks en boeke wat jou ’n blik op ander kulture gee.

GELDSAKE Dink twee keer rondom die 18de voordat jy voor impulsiewe verkwisting swig.

 

 

Steenbok

 

(23 DES. – 20 JAN.)

 

Die gewone uitdagings ry jou steeds, maar daar is ’n paar klein, positiewe ontwikkelings. Beskou dit as bemoediging om dapper te wees en ’n groot stap te doen.

VERHOUDINGS Wees ontvanklik vir mense se liefde en waardering. Selfs al kom dit nie in die vorm waarin jy dit verkies nie, word dit steeds goed bedoel. Wees dus ruimhartig.

SELFSORG Doen iets spesiaals vir jouself en moenie dat skuldgevoelens jou pret bederf nie.

GELDSAKE ’n Klein gelukkie is ’n aangename verrassing.

 

 

Waterdraer

 

(21 JAN. – 19 FEB.)

 

Deur jou eie vasberadenheid kan jy berge versit. Gebruik dit om self jou doelwitte te bereik en nie om ander te dwing om te doen wat jý wil nie.

VERHOUDINGS Een-tot-een-gesprekke verg jou aandag, maar dit sal nie help om die fokus op die ander persoon te plaas nie. Maak gereed vir ’n bietjie selfondersoek.

 

SELFSORG Sodra jy dinge begin ooranaliseer, staan op en doen iets fi sieks.

GELDSAKE Impulsiewe inkopies kan meer van jou hulpbronne verswelg as wat jy besef.

 

 

Vis

 

(20 FEB. – 20 MRT.)

 

Positiewe ontwikkelings by die werk gee jou ruimte om te groei. Oorkom enige twyfel – pak dit met oorgawe aan.

VERHOUDINGS Wees sensitief teenoor jou skoonouers. Wanneer mense onseker voel, kan hulle dikwels as veeleisend oorkom. Hulle het net ’n bietjie gerusstelling nodig.

SELFSORG Doen jouself ’n guns deur een goeie gewoonte aan te leer wat jou welstand sal bevorder.

GELDSAKE Onverwagse vrygewigheid gee jou ’n hupstoot om dit tot aan die einde van die maand te maak.

 

 

Ram

 

(21 MRT. – 20 APR.)

 

Die gevoel dat genoeg genoeg is, motiveer jou om lank bestaande probleme op te los. Van die 15de af kry jy die wind van voor, maar gelukkig

is jy ekstra-vasberade om deur te druk.

VERHOUDINGS Wees ’n goeie ouer. Maak seker jou kinders ooreis hulself nie met te veel take nie.

SELFSORG Let op na jou gevoelens om vas te stel wat jy regtig nodig het.

GELDSAKE Vertrou jou instink om waaksaam te wees wanneer dit by belangrike beleggingsbesluite kom.

 

 

Bul

 

(21 APR. – 21 MEI)

 

Tot die 12de is jy nie in die bui om jouself te ooreis nie. Dan dryf die drang na verbetering jou daartoe om jou huis op te knap en te reorganiseer.

VERHOUDINGS Wanneer beheerprobleme tussen jou en jou maat opduik, onthou dat ’n saak altyd twee kante het. Ontspan en wees meer aanpasbaar, dan is die kans beter dat hy sal reageer.

SELFSORG Bederf jouself gereeld met ’n lang, aromatiese badsessie.

GELDSAKE Begroot vir ’n paar duur uitgawes, anders sal jou plesierige kant ontneem voel.

 

 

Tweeling

 

(22 MEI – 21 JUN.)

 

Ondanks ’n paar beperkings kan jy dit ’n kreatiewe maand maak deur minder te dink en meer te doen. Dis verbasend hoe vindingryk jy kan wees as jy jou daarop toespits.

VERHOUDINGS Een van jou ouers het begrip én praktiese hulp nodig. Let op die fyner besonderhede; dit maak ’n verskil.

SELFSORG Neem minder suiker, kafeïen en verfynde koolhidrate in om meer energie te hê. Eet eenvoudig, maar gesond en gereeld.

GELDSAKE Jy het ’n neus vir winskopies op klere en huisware.

 

 

Kreef

 

(22 JUN. – 23 JUL.)

 

Die positiewe reaksies wat jy ontvang, is ’n aanduiding dat jou vriende en familie jou waardeer. Oorweeg enige geleentheid om jou kreatiewe vaardighede op te skerp.

VERHOUDINGS Dis belangrik om konsekwent met jou kinders te wees. Kom beloftes na om tyd saam met hulle deur te bring en wees ferm oor die gevolge wanneer iemand die huisreëls oortree.

SELFSORG Vergeet soms om ’n verantwoordelike volwassene te wees en laat jou innerlike kind haarself geniet.

GELDSAKE Dis die begin van ’n oorvloedige fase – benut dit wys.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Jou Sterre: Julie 2014

Ons het op ’n sterrereis gegaan vir jou voorspellings. Maak hierdie een om te onthou! Deur Tracy Shaw

Close