×
Skakel na Engels

Jou sterre April 2018

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings inhou
Jou sterre April 2018

Ram (21 Mrt. – 20 Apr.)

Naderende spertye en projekte wat afgehandel moet word, plaas jou onder druk, veral wanneer faktore buite jou beheer jou terughou. Hoe beter jy beplan, hoe beter sal jy vaar.

SELFSORG: Verlig spanning deur ligte strekoefeninge.

PERSOONLIKHEID: Die Ram is die aksievrou onder die sterretekens. Jy is geesdriftig, openhartig en altyd gereed vir nuwe ervarings. Jy is ’n dinamiese maat en ouer wat jou kinders aanmoedig om onafhanklik te wees en seker maak dat jou gesinslewe nooit vervelig is nie.

STERK PUNT: Jy laat jou nie deur die lewe se uitdagings onderkry nie en glo daar kan altyd iets aan ’n saak gedoen word.

SWAKHEID: Omdat jy van nature eerlik is, vertrou jy dikwels mense te maklik.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: Raak ernstig oor beleggings en innoverende maniere om geld te verdien.

EDELSTENE: Diamant en bloedsteen.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog. 

Bul (21 Apr. – 21 Mei)

Besluit wat jy wil bereik en spring dan in teen jou gewone stewige pas; jy sal ’n produktiewe maand hê. Om ander gelukkig te maak verskaf aan jou vreugde; wees dus vrygewig teenoor geliefdes.

Selfsorg: Bederf jouself met ’n strelende massering of ’n gesigbehandeling.

Tweeling (22 Mei – 21 Jun.)

Verhoudingspassies is deesdae meer ingewikkeld. Wees geduldig, want jy sal eers ná die 15de weet wat om te doen. Op kantoor is dit belangrik om op prioriteite te fokus. Doen jou navorsing en herbedink strategieë waar nodig.

Selfsorg: Jy het ’n bietjie tyd alleen nodig vir selfondersoek.

Kreef (22 Jun. – 23 Jul.)

Wanneer jou maat gespanne is, verwag hy of sy dat jy kalm en ondersteunend sal wees. Gelukkig het jy ’n goeie vriendin wat jou bystaan. Benader veranderinge op kantoor een tree op ’n slag.

Selfsorg: Verloor jouself in voedende, kreatiewe bedrywighede.

Leeu (24 Jul. – 23 Aug.)

Jy het ’n goeie dosis vasberadenheid nodig om ’n uitdagende projek aan te pak. Vermy egter ’n magstryd – dit mors net tyd. Wees rondom die 17de bereid om ’n nuwe rigting in te slaan of baie impulsief op te tree.

Selfsorg: Beplan vooruit en jy sal meer gedoen kry – met minder stres.

Maagd (24 Aug. – 23 Sept.)

Dink goed na oor hoe jy druk hanteer. Pleks van uit te brand, prioritiseer, handhaaf ’n gesonde pas en neem gereeld kort blaaskanse. As ouer moet jy jou kinders leer om onafhanklik te wees.

Selfsorg: Maak seker jy plaas ook eenvoudige plesiertjies op die agenda.

Weegskaal (24 Sept. – 23 Okt.)

Pak jou huis reg, gooi goed weg en reorganiseer jou blyplek. Wag tot ná die 17de om groot gesinsplanne met jou maat te bespreek. Hou jou idees eenvoudig en prakties.

Selfsorg: Beoefen die kuns van tevredenheid – waardeer die klein vreugdes.

Skerpioen (24 Okt. – 22 Nov.)

Frustrerende vertragings en probleme toets jou geduld. Moenie vasskop teen dit wat buite jou beheer is nie. Druk deur en jy sal eindelik resultate sien. Gelukkig is jou maat in die omtrek om jou te herinner dat plesier ook deel van die lewe is.

Selfsorg: Gun jouself die geskenk van selfaanvaarding.

Boogskutter (23 Nov. – 22 Des.)

Fokus daarop om voornemens te realiseer en jy sal vordering maak. Neem beheer van jul begroting en verskerp jou vaardighede om meer geld te verdien. Verseker op kantoor hoër produktiwiteit deur saam met kollegas te werk.

Selfsorg: Ontspan meer in jou vrye tyd.

Steenbok (23 Des. – 20 Jan.)

Gebruik dié maand om beheer te neem. Maar wees versigtig om meer aan te pak as wat jy kan hanteer. Van die 15de af kom jy voor groot uitdagings te staan. Gun jouself tyd om jou kragte te herwin voordat jy besluit wat om te doen.

Selfsorg: Ontspantyd is noodsaaklik.

Waterdraer (21 Jan. – 19 Feb.)

Pak jou werk met ekstra energie aan; dit sal die moeite werd wees. Agter-die-skerms-voorberei-ding en die nagaan van inligting is noodsaaklik vir sukses. Bring aan die tuisfront gehaltetyd saam met jou gesin deur en oorweeg nuwe dekor.

Selfsorg: Rus meer.

Vis (20 Feb. – 20 Mrt.)

Jy kry die geleentheid om jou horisonne te verbreed en nuwe vriende te maak. Dit is ook ’n goeie tyd om met mense uit jou verlede kontak te maak. Ignoreer die kritiese stemmetjie in jou en beur stadig maar seker vorentoe.

Selfsorg: ’n Blaaskans in die middel van die maand sal goed vir jou wees.

LEES OOK:

Die interessantste kenmerk van jou sterreteken

5 goeie redes waarom jy vandag nog moet begin mediteer

Hoeveel slaap het jou sterreteken nodig?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings April 2018

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons April-uitgawe verskyn het

Close