×
Skakel na Engels

Jou sterre: April 2017

Tracy Shaw kyk na wat jou voorspellings vir dié maand inhou
Jou sterre: April 2017

Ram (21 MRT. – 20 APR.)

Geduld en deursettingsvermoë sal jou loon. Druk dus deur met jou doelwittte. Die middel van die maand is ’n moeilike tyd vir verhoudings – wees dus ekstra sensitief vir jou eie en ander se swakhede.

SELFSORG: Vat dit rustig eerder as om te veel te doen.

PERSOONLIKHEID: As Ramvrou floreer jy op uitdagings. Jy leer uit ervaring en beskou die lewe as ’n avontuur. Jou geesdrif en energie trek mense na jou aan. Fisieke aktiwiteite is belangrik vir jou welstand. Jy is ’n baie betrokke ouer en sorg dat die gesin saam pret het.

STERK PUNTE: Jy stel ’n voorbeeld en is dikwels die eerste een wat nuwe dinge probeer.

SWAKHEID: Jy is geneig om waarskuwingstekens en goeie raad te ignoreer, wat jou in die moeilikheid laat beland.

INSPIRASIE VIR DIE JAAR: As jy saam met ander werk en leer om te onderhandel sal meer dinge moontlik wees.

EDELSTENE: Diamant en bloedsteen.

Bul (21 APR. – 21 MEI)

As jy aanvaar dat party dinge buite jou beheer is, sal jy leer om die lewe se voor- en teenspoed te hanteer. Fokus eerder op die dele waar jy wel beheer kan neem.

SELFSORG: Jy sal ’n bietjie broos voel. Huil dus as jy moet.

Tweeling (22 MEI – 21 JUN.)

Dis nie ’n goeie maand vir gesamentlike projekte by die werk nie. Doen eerder alleen voorbereiding agter die skerms. ’n Onverwagte ontwikkeling rondom die 20ste verg dringende aksie.

SELFSORG: As jy nie lekker voel nie, is dit ’n teken dat jy rus nodig het om onlangse gebeure te verwerk.

Kreef (22 JUN. – 23 JUL.)

Hanteer verskille met ’n ouer deur terug te tree vir ’n meer objektiewe perspektief. Dit sal jou help om te sien wat in jul pad staan om as volwassenes met mekaar te praat.

SELFSORG: Bederf jouself met ’n vertroetelingsessie en moenie skuldig daaroor voel nie.

Leeu (24 JUL. – 23 AUG.)

Jy het die energie om dinge te laat gebeur, maar moenie dat ongeduld jou kniehalter nie, veral rondom die 11de. Verandering neem tyd. Visie en aanpasbaarheid sal jou daar kry.

SELFSORG: Gereelde oefening sal jou kalmeer.

Maagd (24 AUG. – 23 SEPT.)

Dié maand moet jy jou planne revalueer en weer na situasies kyk wat jy gedink het iets van die verlede is. Moet egter nie te veel analiseer nie – pas telkens by elke nuwe ontwikkeling aan.

SELFSORG: Gee jouself die geskenk van selfaanvaarding en vertrou die genesende krag van die liefde.

Weegskaal (24 SEPT. – 23 OKT.)

Moenie moeilike gevoelens probeer rasionaliseer nie; beskou dit as ’n bron van inligting. As jy eerlik oor jou emosies is, is dit die eerste stap om ’n ou wond te laat genees wat gesonde verhoudings met ander bemoeilik.

SELFSORG: Jy het vrede, stilte en harmonie nodig.

Skerpioen (24 OKT. – 22 NOV.)

Werk voortdurend aan projekte en jy sal resultate sien. Wees egter aanpasbaar eerder as om vaste planne te maak. Vertragings kan die vloei van geldsake beïnvloed. Wees dus versigtig.

SELFSORG: Gee jou energie ’n hupstoot deur gereeld gesonde maaltye en happies te eet.

Boogskutter (23 NOV. – 22 DES.) 

Jou uithouvermoë word beproef. Hou moed; oorweeg dalk ’n ander strategie. Help ’n emosionele familielid deur stilweg begrip te toon.

SELFSORG: Ontspan tuis pleks van stimulasie buite te soek.

Steenbok (23 DES. – 20 JAN.) 

Moenie wrokke koester nie. Probeer eerder om ’n broer of suster wat jou in die steek gelaat het te vergewe. Wat jou huis betref, gee aandag aan enige iets wat nie behoorlik werk nie voordat dit ’n groot probleem raak.

SELFSORG: ’n Ontspanne benadering gaan jou meer in die sak bring as wanneer jy jou verantwoordelikhede te ernstig opneem.

Waterdraer (21 JAN. – 19 FEB.)

Vriendskappe gaan deur veranderinge. Dit is ’n geleentheid om te evalueer wie in jou lewe is en wat julle gemeen het. Laat die vriendskap subtiel tot ’n einde kom as dit nie meer vir jou werk nie.

SELFSORG: ’n Verandering van omgewing is so goed soos ’n vakansie.

Vis (20 FEB. – 20 MRT.)

Wanneer jy nie die goedkeuring van ’n ouerfiguur kry waarna jy smag nie, is dit ’n aanduiding dat jy nie ander mense se goedkeuring moet soek nie. Fokus eerder op jouself en wat jou vir ander waardevol maak.

SELFSORG: Stiltetyd om op jouself te fokus is belangrik.

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kopkrapper-oplossings April 2017

Hier volg die antwoorde van die kopkrappers wat in ons April-uitgawe verskyn het

Close