×
Skakel na Engels

Jou nominasie kan ’n lewe red

Milton is op ’n missie om aansteeklike ingewandsiektes te verminder deur 1 000 eenhede Milton Combi-steriliseerders aan behoeftige gemeenskappe te skenk. Die taak is maklik: Nomineer ’n organisasie en versprei die woord en jy kan ’n verskil maak

 

 

Met die bekendstelling van die Milton Cares-inisiatief het Milton hom daartoe verbind om gastroënteritis in Suid-Afrika te verminder. In 2012 is aansteeklike ingewandsiektes as die grootste oorsaak van dood in babas in Suid-Afrika gelys, volgens Statistieke Suid-Afrika. Dit sluit siektes soos gastroënteritis en diarree in. In 2009 was diarree die grootste oorsaak van dood onder kinders jonger as vyf jaar en verantwoordelik vir 18% van sterftes in hierdie ouderdomsgroep. Die Milton Cares-inisiatief bied verligting met hul mobiele opvoedkundige steriliseringsbeweging – deur opvoeding en begrip kan Milton lewens red.

 

 

Só kan jy help

 

Die nominasieproses kan nie makliker wees nie. Besoek www.milton.co.za  en kies van die lys organisasies of nomineer jou eie, en Milton sal ’n opvoeder en Milton Combi-pakke na die behoeftige gebied stuur. Sodra die versoek nagekom is, sal foto’s en ’n kort beskrywing aan jou gestuur word sodat jy kan sien watter verskil jy gemaak het.

 

 

 

 

 

Oor Milton

 

Milton beskerm al langer as 65 jaar babas en hul families in hospitale en huise oor die wêreld heen. Dit bied ’n beproefde, getoetste steriliseringsoplossing wat wetenskaplik bewese is om alle algemeen bekende kieme en sproei te vernietig.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Mandela-dag: Help beveg die misbruik van vroue en kinders

Sluit by die Vital-stigting aan vir 67 minute van vrywillige werk by ’n organisasie van jou keuse

Close