×
Skakel na Engels

Jou gids tot pragtige wimpers

As jy maskara reg aanwend kan dit jou wimpers langer en voller laat lyk. Volg ons wenke om die meeste uit jou maskara te kry én dit langer te laat hou

Só wend jy maskara reg aan:

  1. Gebruik ooggrimeringverwyderaar en watte om ou maskara van jou wimpers te verwyder.
  2. Waterdigte maskara, wimperkrullers en vals wimpers kan alles daartoe bydrae dat jou wimpers dunner  raak en gevolglik breek. Voordat jy maskara aanwend, voed jou wimpers met ʼn wimperserum.
  3. Sit onderlaag aan – dit vorm ‘n beskermende lagie vir die maskara om aan te kleef.
  4. Wend nou jou maskara aan.

Laat jou maskara langer hou:

  1. Was gereeld jou maskara-borseltjie om te verhoed dat ou maskara daarop aanpak.
  2. Moenie die borseltjie in die houertjie inpomp nie. Jy dink dalk jy kry so meer maskara op die borseltjie, maar dit vang net lug in die houertjie vas wat jou maskara vinniger sal laat uitdroog.

Wenke:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Drie maniere om jou naels te versterk

Probeer dié drie wenke om swak, dun naels te versterk en om te voorkom dat jou naels gedurig breek

Close