×
Skakel na Engels

Jou dieetlose eetplan

Jy sal nooit honger voel met dié briljante basiese raad van die dieetkundige en bekende voedingskundige Stephanie Middleberg nie

 

 

1. Eet drie gebalanseerde maaltye en twee klein versnaperinge per dag. Bederfhappies is opsioneel, maar as jy voel jy móét een hê, sorg dat dit klein (minder as 420 kJ) en laag aan suiker is.

 

2. Verruil enige iets wat met verfynde wit meel gemaak is (soos witbrood, pasta en muffins) vir komplekse koolhidrate soos bruinrys, bone, lensies of volgraanpasta en -brood. Probeer om dit tot een tot twee porsies (½ koppie, of 2 snye in die geval van brood) per dag te beperk.

 

3. Smokkel vesel wat jou vol laat voel by jou dieet in in die vorm van groen groente soos spinasie en broccoli, eet ongegeurde hawermout pleks van ontbytpap en eet bessies wanneer jy vir iets soets lus is.

 

4. Eet proteïen saam met elke maaltyd om vol te bly, maar kies dit uit maer bronne soos eiers, hoender, vis, kalkoen, tofu of bone.

 

5. Eet minstens twee vegetariese middag- of aandetes per week.

 

6. Sluit gesonde vette by jou dieet in, maar in matigheid. Byvoorbeeld: ’n halwe avokado in jou slaai vir middagete, 30 g neute (24 amandels) vir ’n snoephappie en 1 tot 2 teelepels olie oor jou groente vir aandete.

 

7. Hou ’n kosdagboek en skryf neer wat jy eet – dit sal keer dat jy eet sonder om te dink.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 dieetwenke wat jy waarskynlik nog nooit probeer het nie

Ons ken almal die basiese beginsels – eet gesond, oefen gereeld, drink meer water – maar dié wenke vir gewigsverlies...

Close