×
Skakel na Engels

Jou bloed kan ’n lewe (of drie) red

Het jy geweet een eenheid bloed kan tot drie lewens red? Hier is die redes hoekom dit so belangrik is om gereeld bloed te skenk

Om bloed te skenk verg net ’n paar minute en is een van die maklikste maniere waarop jy ’n verskil kan maak en iemand se lewe kan red. Enige iemand tussen 16 en 65 kan bloed skenk, solank hulle aan die vereistes voldoen.

Hoekom jy gereeld bloed moet skenk

Bloed kan net vir ’n beperkte tyd gebêre word. Dit is hoekom gereelde skenkings so belangrik is. ’n Gereelde skenker is iemand wat drie of meer keer per jaar bloed skenk. Wanneer jy vir die eerste keer bloed skenk, word jou rooibloedselle nie gebruik nie en jou plasma word eenkant onder kwarantyn gehou tot jou volgende skenking. As al die toetse negatief terugkom ná jou tweede skenking, sal die plasma in kwarantyn gebruik word. As jy ’n ruk lank nie bloed geskenk het nie, sal jou bloed dieselfde proses ondergaan. Sodra jy drie keer bloed geskenk het en jou bloed negatief toets vir seksueel oordraagbare siektes, word al die komponente van jou bloed gebruik. Jy kan elke 56 dae bloed skenk.

Watter bloedgroep is die nodigste?

Groep O-bloed is die veelsydigste en dit is noodsaaklik om genoeg voorraad te hê. Groep O Rh-negatiewe bloed kan in enige iemand oorgetap word en daar word na dié skenkers verwys as “universele skenkers”. Dié skenkers kan egter net bloed van dieselfde bloedgroep ontvang, en dit is hoekom dit so belangrik is dat daar genoeg voorraad van alle bloed te alle tye is.

Waar kan jy bloed skenk?

Besoek die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens se webwerf by www.sanbs.org.za om die naaste gevestigde plek te kry waar jy kan gaan skenk of bel 0800 11 90 31 om uit te vind waar ’n mobiele klink in jou omgewing gaan wees. As jy ’n bloedskenkingsinisiatief wil aanbied, kan jy jou besonderhede en die gebied waarin jy dit wil aanbied na customerservice@sanbs.org.za e-pos.

Op 14 Junie is dit Wêreldbloedskenkerdag – gaan skenk dus sommer vandag nog bloed!

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Steel Olivia Palermo se voorkoms by die Parys-modeweek

Ons hou van baadjies, lang stewels en jeans wanneer dit buite koud en nat is, maar ons is absoluut dol...

Close