×
Skakel na Engels

Jou 8 vrae oor grys hare beantwoord

’n Haarkundige beantwoord al jou vrae oor grysword … Deur Bridget March
grys hare

Die haarkundige Madeleine Preston verduidelik waarom ons grys word en of ons dit kan uitstel – indien ons enigsins wil.

1. Wanneer word die meeste vroue grys?

“Baie vroue begin gedurende hulle dertigerjare ’n paar grys hare sien, maar teen die tyd dat hulle in hulle 50’s is, kan die meeste vroue verwag dat meer as 50% van hulle kop sal grys wees.”

2. Hoekom moet ons in die eerste plek staan en grys word?

“Grys hare is ’n kombinasie van normaal gepigmenteerde en wit hare. Hare word wit wanneer die pigmentasieselle wat vir kleur (melamien) verantwoordelik is, nie meer geproduseer word nie.”

3. Kan ons die gryswordproses vertraag?

“Net soos stres, kan dieetkundige en hormonale faktore haarkleur beïnvloed, maar oor die algemeen is dit genetiese faktore wat bepaal of jy vroeër of later in jou lewe grys word.”

Soortgelyk: 6 wenke en kunsies om jou hare te kleur

4. Is grys hare meer algemeen by sekere mense?

“Grys hare is ’n oorgeërfde eienskap – as jou ouers vroeg grys geword het, is daar ’n moontlikheid dat jy ook sal. Westerlinge blyk vroeër grys te word en sommige gesondheidstoestande soos diabetes, kwaadaardige bloedarmoede en skildklierprobleme kan veroorsaak dat persone prematuur grys word.”

5. Wat moet ons eet om ons hare gesond te hou?

“Aangesien hare uit proteïene (keratien) bestaan, is dit baie belangrik vir sterk, gesonde hare. Kosse soos eiers en vis is goeie bronne van volledige proteïene. Proteïene bestaan uit aminosure (sommiges essensieel en ander nie-essensieel). Essensiële aminosure is meer oorvloedig in dierproteïene en word makliker opgeneem. 

Tekorte aan yster, kalsium, sink, vitamine D, B12 en B6 kom algemeen voor, dus is dit belangrik om kosse te eet wat hierdie vitamines bevat. Indien jy ’n vegetariër is, is dit belangrik om dit in die vorm van aanvullings in te neem.”

6. Is daar iets wat ons in ons stryd teen grysheid kan neem indien ons bekommerd is?

“Probeer gerus ’n multivitamien-aanvulling soos Seven Seas Perfeft7. Dit bevat Omega-3’s wat voorkom dat hare droog en leweloos lyk aangesien dit ’n bevogtigende uitwerking het wat ook ’n gejeuk en skilfers verminder. Die aanvulling bevat ook koper wat daarvoor bekend is dat dit die aanvang van die gryswordproses vertraag deur die produksie van melanien (die pigment wat hare kleur gee) te bevorder.”

Lees ook: Haat jy jou nuwe haarstyl? Dís wat jy kan doen

7. Kan ons leefstylaanpassings maak om ons hare se gesondheid te verbeter?

“Aangesien hare ’n barometer van ons gesondheid is, sal enige verbeterings wat ons aan ons algemene welsyn maak, ’n bonus vir ons hare wees. ’n Goed gebalanseerde dieet ryk aan proteïene, koolhidrate – wat belangrike vitamines en minerale bevat – verrig wondere vir haargroei.

Hare word as nie-essensiële weefsel deur die liggaam gesien, wat beteken dat ons ons energievlakke elke vier tot vyf ure met proteïene en koolhidrate moet aanvul. Navorsing toon dat die energie wat vir nie-essensiële weefsel soos haarfollikels beskikbaar is, dan begin afneem.

Aangesien sekere siektes ’n uitwerking op die immuunstelsel kan hê en moontlik tekorte kan veroorsaak, is dit wenslik om minstens een maal ’n jaar deur jou eie huisdokter bloedtoetse te laat doen.”

8. Help dit regtig om my kopvel te masseer?

“Net soos jou liggaam, het jou kop ook gereelde oefening nodig. Om daagliks hare te was en jou kopvel te masseer lei tot ’n skoon, vars en gesonder kopvel. Massering stimuleer bloedtoevoer na die kopvel en sodoende word ons follikels deur belangrike voedingstowwe bereik.”

Uit: Cosmopolitan UK

FOTO: iStock/Vesnaandjic

LEES OOK:

Kan dit gevaarlik wees om haarkapper toe te gaan?

Hygge: die haarkleurneiging op pad na wêreldoorheersing

Vermy hierdie 9 foute wanneer jy jou hare droogblaas

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Oliespoeling: Die jongste in omgewingsvriendelike skoonheidsneigings

Ons verduidelik die antieke praktyk ... en hoe dit jou mondgesondheid kan verbeter

Close