×
Skakel na Engels

Jogawenke vir beginners

Hierdie jogawenke vir beginners sal jou help om jou eerste klas te trotseer
Jogawenke vir beginners

Jim Harrington, Virgin Active se joga-ambassadeur, glo dat joga enige iemand vanuit ’n geestelike sowel as fisieke perspektief kan help. Die geheim is om nie geïntimideer te voel wanneer jy vir die eerste keer ’n klas bywoon nie. Hier is ’n paar wenke oor hoe om die wêreld van joga te betree.

1. Begin êrens

Hou op om daaroor te dink, en doen dit net. Moet jou nie laat intimideer deur wat enige iemand anders kan doen, of die fout maak om te glo dat jy vreeslik soepel moet wees nie. 

2. Begin stadig

Moet jou nie in ’n gevorderde klas begewe nie – begin by die begin en laat jou spiere met verloop van tyd organies ontwikkel.

3. Dit gaan oor gemak 

Voorkoms is regtig nie belangrik wanneer dit by joga kom nie. Jy kan enige iets aantrek solank jy gemaklik is.

4. Nie te sag of te hard nie

’n Stewige oppervlak noodsaaklik. Die grond moenie te sag wees nie, anders kan jy jou gewrigte seermaak. ’n Houtvloer of ’n goeie mat sal die ding doen.

5. Haal asem

Goeie asemhaling lê die grondslag vir joga. Baie mense dink dat hulle hard moet asemhaal, maar skep eerder die idee van paniek. Haal stadig asem, nie hard nie. Gesonde, natuurlike en rustige asemhaling behels dat jy jou diafragma gebruik. 

6. Kies jou tyd 

Joga is goed vir jou, maak nie saak watter tyd van die dag nie, maar soggens is waarskynlik ideaal aangesien jou gedagtes en die lug dan varser is en dit jou vir die res van die dag instel.

7. Gebruik jou buik

Joga moet verkieslik op ’n leë maag gedoen word. Jou diafragma is minder beweeglik met ’n vol maag of selfs te veel water. Joga kan jou help gewig verloor aangesien sekere oefeninge as ’n eetlusdemper sal dien.

Hier is ’n paar van ons gunsteling-jogasentrums wat beginnersklasse aanbied:

Kaapstad

Unraveled Yoga: 107 Bree Street, Cape Town CBD

ReUnion Yoga & Meditation: Sir Lowryweg 29, Woodstock

Virgin Active Claremont: 1ste verdieping, MontClare Place, h.v. Hoof- & Campgroundweg, Claremont

MyUtopia: Kusweg 1 & Portswoodweg, Groenpunt

Johannesburg

Movement X: Van Buurenweg, Bedfordview

Yoga Warrior: H.v. Keyes- en Tyrwhittlaan, Rosebank

Yoga Lova: 1st Avenue, Illovo

Durban

Inner Wellness Studio: 230 Musgraveweg, Musgrave

Oneness Yoga Studio: Havenweg 8, Westville

The Breathing Space: Bulwerweg 98, Glenwood 

FOTO: iStock/gregory_lee

LEES OOK:

Ses geheime voordele van joga

11 diere wat joga bemeester het

Raak gewoond aan oggendoefening

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Is jy besig om ’n dubbelken te kry? Keer dit só!

Hou die vel op jou nek en ken mooi ferm

Close