×
Skakel na Engels

Joburg-lesers, help DJ Fresh om ’n goeie daad vir kinders te doen!

Jy kan Gumtree en DJ Fresh help om die Little Pina Pina-crèche in Soweto ’n vars nuwe voorkoms te gee

 

 

“Daar’s geen tekort aan sorg, liefde en aandag by die Little Pina Pina-dagsorg nie – hulle voorsien/verskaf 60 kinders van drie vullende maaltye uit ’n klein kombuisie met net een stoof – maar daar is ander behoeftes waarin die personeel net nie kan voorsien nie,” sê Claire Cobbledick, die bemarkingshoof van die gewilde Suid-Afrikaanse aanlynsnuffelgids Gumtree.

 

In ’n plaaslike weergawe van Extreme Home Makeover gaan Gumtree die Little Pina Pina-crèche met ’n “ekstreme opknapsessie” verfraai met behulp van die radio-omroeper DJ Fresh … en jý! Die konsep is soortgelyk aan die van die TV-reeks Extreme Home Makeover, maar wat dit so besonders maak, is dat enige iemand kan help. En jy kan so betrokke wees as wat jy wil – jy enige bydrae maak, van tyd afstaan tot komberse, verwarmers, breekgoed, spieëls, portrette, speelgoed, boeke, potte en toestelle (Gumtree sal dit by jou kom haal!) skenk.

 

DJ Fresh het die eerste skenking gedoen deur sy wasmasjien op te gee. Hy sê hy “val maklik vir enige iets wat vir ’n goeie doel is” en hy moedig almal aan om in hul motorhuis en kaste vir skenkings te gaan rondsnuffel.

 

As jy bereid is om jou hande vuil te maak, kom help om die speelplek op te ruim of die swaaie reg te maak. Die mure moet ook gepleister word om skerp hoeke te verwyder en ’n paar stukkende vensters moet vervang word. “Ons wil ook die sementblad van die buitespeelplek met kunsmatige gras bedek sodat die kinders nie hul knieë nerfaf val nie, asook ’n sandboks, houers met plante en ’n splinternuwe klimraam – wat ’n deelnemer geskenk het – byvoeg. Ons wil matte lê, die mure verf, die riool-en-waterwerke laat oordoen en die dagsorg met mooi muurkuns en spieëls as ’n bederf vir die kinders verfraai,” sê Cobbledick.

 

As jy ’n hand wil bysit, besoek asseblief www.gumtree.co.za/refresh. “Gumtree sal dit vir jou maklik maak deur skenkings van enige plek in Johannesburg af te kom oplaai,” belowe Cobbledick.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skep ’n galerymuur

Het jy kaal mure om vol te maak? Deur soortgelyke artikels slim te groepeer kan jy ’n soort galery-effek skep...

Close