×
Skakel na Engels

Jennifer Aniston se geheime vir fantastiese hare, vel en naels

En haar gunsteling naellakskakerings

 

As een van die wêreld se geliefkoosde silwerdoek- en televisiesterre is Jennifer Aniston al vir langer as twee dekades ’n totale stylikoon. Behalwe vir haar vermoëns as aktrise en haar sjarmante persoonlikheid, het Jen se gloeiende vel, gesonde hare en stralende glimlag haar Amerika se liefling gemaak. Maar hoe bly hierdie 47-jarige so stralend? Goeie Huishouding het met Jen gesels om haar topwenke te kry.

1. Behandel jou vel goed.

Ja, sy het ongetwydeld goeie gene, maar daar is ’n groot rede vir Jen se gloeiende kompleksie: Sy behandel dit goed. “Die eerste ding wat ek soggens doen, is om ’n koppie warm suurlemoenwater te drink, dan my gesig met seep en water te was en met Aveeno te bevog,” sê sy, en voeg by dat sy heeldag lank baie water drink en gesond eet, Haar dieet sluit hope “blaargroente en ander groente in, asook avokado’s, klapperolie en ander goeie vette”.

Lees ook: Dit is wat met jou liggaam gebeur wanneer jy nie water drink nie

Wanneer dit by die son en plooie kom, gebruik Jen genoeg beskerming. Sy voeg by dat sy altyd minstens SBF 30 dra, want “dis so belangrik!” – iets wat elke dermatoloog wat ons al ooit gevra het geheel en al mee saamstem en iets wat help dat jou vel op enige ouderdom goed lyk.

2. Kies sjiek naellak vir elke seisoen.

’n Groot aspek van Jen se styl is om fantasties te lyk sonder om oorboord te gaan. Soos haar manikure wat altyd versorg en pragtig lyk, maar nie oorweldigend nie. “Ek hou nie van helder pienk nie – vir die winter en herfs hou ek van diep, donker bordeaux- of cabernetkleure, soos Tom Ford se Bitter Bitch,” vertel Jen. In die somer kies sy “neutrale kleure en pienk skakerings”. Twee van haar gunstelingskakerings: Essie Mademoiselle en Essie Limo-Scene, albei pragtige, delikate pienk skakerings wat goed saam met enige uitrusting en vir enige geleentheid werk.

Lees ook: 5 maniere om jou manikuur te laat hou

3. Geniet jou lui dae.

Behalwe om haar geliefkoosde lui-dag-uitrusting te dra – ’n kortbroek en ’n T-hemp — hou Jen daarvan om haar hare in ’n los bolla bo-op haar kop te dra (ook een van ons gunsteling afdaghaarstyle), ’n perfekte mengsel van styl en eenvoud. Om haar hare goed te laat lyk, sê sy dat sy dit nie elke dag was nie. Net nog ’n rede om droë sjampoe aan te skaf!

Lees ook: 7 maniere waarop jy droë sjampoe verkeerd gebruik

Van: Good Housekeeping US

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
V&A met ’n seleb-haarstilis

’n Seleb-haarstilis beantwoord sewe vrae oor haarsorg

Close