×

JELLIEGLASIES

’n Klassieke nagereg met ’n speelse kinkel. Hierdie jellieglasies sal jonk en oud se aandag trek.

Bestanddele:

  • 1 pakkie MOIR’S-granaatgeurjellie, aangemaak volgens die aanwysings op die verpakking
  • 1 x 125 g-pakkie MOIR’S-kitsvlapoeier, aangemaak volgens die aanwysings op die verpakking
  • ½ k granaatpitte

 

Metode:

  • Voer 4 bakkies met kombuispapier uit en laat 4 glase skuins in die bakkies lê.
  • Vul die glase halfvol met MOIR’S-granaatgeurjellie.
  • Sprinkel ’n paar granaatpitte in elkeen en laat die jellie stol.
  • Laat die glase regop staan en vul met MOIR’S-vla. Verkoel en sit voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief