Wanneer dit by die skoonmaak van ons gesig en lyf kom, maak ons al ’n ewigheid van jels en koekies seep gebruik. Dis lankal tyd vir ’n verandering, en uiteindelik is daar iets wat stadig maar seker na die voorgrond beweeg: Jelliereinigers is besig om al hoe gewilder te raak en ons voorspel dat dit die toekoms van velsorg is!
Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog
Soos baie van die neigings wat ons vandag ken en navolg, het jelliereinigers in Suid-Korea ontstaan waar dit ’n staatmaker in Koreaanse velsorgroetines is. Die veerkragtige tekstuur kom van natuurlike of sintetiese gom en polimere, en laat die vel ekstra verfris voel.
En net vir ingeval jy gedink het dat dit ’n foefie is, dink weer. Dié reiniger het sy gewildheid nie net te danke aan die feit dat dit grimering en vuiligheid effektief verwyder en porieë oopmaak nie, maar met bestanddele soos hialuroonsuur het dit ook hidrerende eienskappe.

KiKi Gentle Jelly Cleanser / R270

GLAMGLOW GALACTICLEANSE
Hidrerende jelliereiniger / R590
Lees: 4 algemene oorsake wat keer dat jou vel vlekkeloos en gesond is
Jelliereinigers wend maklik aan, maar dit verskil van gewone skuim- of jelsoorte. Dit word op ’n droë vel aangewend en nadat jy dit ingemasseer het, word dit met water afgespoel. Aangesien baie jellies ’n oliebasis het, vorm dit ’n emulsie sodat dit behoorlik afgespoel kan word. Wanneer jy klaar is, voel jou vel vars, skoon en plomp. Wat meer wil ’n mens hê?

J.ONE Jelly Pack / R460

Lush Whoosh Shower Jelly / R165
FOTO: iStock/Voyagerix
LEES OOK:
Die voordele van ’n oornagmasker
“Glas”-vel is die nuutste skoonheidsneiging waarvan jy moet weet