×

JELLIE-EN-VLA-LOLLIES

Dié vrolike lollies lyk nie net mooi nie, maar smaak ook heerlik. Almal sal dol daaroor wees!

Bestanddele:

  • 2 pakkies MOIR’S-jellie, aangemaak volgens die aanwysings op die verpakking
  • 1 x 125 g-pakkie MOIR’S-kitsvlapoeier, aangemaak volgens die aanwysings op die verpakking
  • seisoenale vrugte, in skyfies gesny

Metode:

  • Plaas ’n paar skyfies vrugte in elk van 12 yslollievorms.
  • Voeg MOIR’S-jellie by totdat die vorms driekwart vol is en laat die jellie stol.
  • Sodra dit gestol is, steek ’n houtstokkie in en vul die vorms tot bo met MOIR’S-vla.
  • Vries tot solied en sit voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief