×
Skakel na Engels

Is jy besig om ’n dubbelken te kry? Keer dit só!

Hou die vel op jou nek en ken mooi ferm
dubbelken

Namate ons ouer raak, swaartekrag intree en ons vel se elastisiteit nie meer is wat dit vroeër was nie, kan dinge ’n bietjie, h’m, suidwaarts gaan. Maar jy hoef nie in sak en as daaroor te gaan sit nie! As jy die nodige voorsorg tref wanneer jy jonk is, soos om te oefen, ’n gesonde gewig te handhaaf en jou vel te versorg, kan jy jou lyf vir langer jonger laat lyk.

Een van vroue se grootste voorkomskwellinge namate hulle ouer raak, is hul ken- en nekdeel wat geneig is om te “sak” – en niemand wil ’n kalkoennek hê nie! Hier is ’n paar wenke wat jy daagliks kan toepas om die proses te vertraag.

Doen gesigjoga

Ons het al almal van joga gehoor, maar het jy geweet daar is ’n paar bewegings en tegnieke wat spesifiek vir jou gesig is? Een beweging behels dat jy jou sleutelbene met jou hande vashou, jou kop agteroor kantel totdat jy dit voel strek en dan jou mond in ronde bewegings oop- en toemaak asof jy die woord “miaau” sê.

Nog ’n beweging behels ook dat jy jou sleutelbene vashou en dan “kiek” sê sodat jou mond strek en jou nekspiere verstyf. Herhaal dié bewegings ’n paar keer en doen dit daagliks vir die beste langtermynresultate.

Lees: Ses geheime voordele van joga

Gebruik teenverouderingsprodukte

Ons vergeet dikwels van ons nek- en borsgedeelte wanneer ons ons daaglikse gesigsorgroetine voltooi, en albei dié dele behoort eintlik dieselfde behandeling as ons gesig te kry.

Wanneer jy dus serums en teenverouderingsrome aanwend, wend dit ook aan jou nek en die boonste gedeelte van jou borskas aan en masseer die produk in jou vel in. Dit sal help om jou vel te versorg en dit vir langer ferm te hou.

Lees: Hoe om gesigolies en -serums reg aan te wend

Limfdreinering-massering

Dit is bewys dat as jy dit soggens en saans doen, jy jou gesigspiere kan oefen en die vel om jou ken fermer kan maak. Begin by jou ken en werk opwaarts al langs jou kaak tot by jou ore, en gebruik jou wys- en middelvinger om die vel met ferm bewegings te knyp en te knie.

Steek dan jou tong so ver uit as wat jy kan en probeer om aan die punt van jou neus te raak en dit vir 10 sekondes só te hou. Doen dit daagliks om jou nek- en kaakspiere te versterk. Sterk spiere = minder pap vel. 

FOTO: iStock/Image Source

LEES OOK:

Twee-minute-kuur vir nekpyn

Die waarheid agter 10 teenverouderingsmites

Jou teenverouderingstydlyn 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Wat is dermarolling en hoe kan jou vel daarby baat vind?

Dermarolling is ’n nuwe gewilde skoonheidsneiging in SA. Hier is alles wat jy daarvan moet weet

Close