×
Skakel na Engels

Is dit waar dat jou hare vinniger groei wanneer jy dit laat sny?

Blykbaar is dit wel die geval … Deur Victoria Chandler
sny

Wie sou kon dink dat ’n gereelde sny by jou haarkapper die algehele groei van jou hare aanhelp? Wel, volgens een haarkenner kan dit juis help om jou lieflike lokke beter te laat groei. Jip, om jou hare te sny bevoordeel sowaar die groei omdat dit die dooie punte verwyder, sê Katie Allan, kreatiewe bestuurder by  Charles Worthington.

“Dooie punte kan weens hitte-, kleur- of chemiese skade ontstaan, of net omdat dit ou hare is,” sê sy. “As jy nie die punte laat sny nie, kan jou hare in die haarskag splits en jou met droë bros punte laat en jou hare selfs laat breek.”

Lees: 6 verrassende maniere waarop jy jou hare vernietig

En as dit gebeur, sal jou hare geleidelik korter raak en nie so lank groei as wat jy dit wil hê nie. As jy jou gesplete punte vir te lank los voordat jy jou haarkapper besoek, sal sy dalk meer moet afsny as wat jy gedink het!

Wat anders kan jy doen om die groeiproses van jou hare aan te help?

1. Maak seker jou haarsorgprodukte by die huis is professioneel aanbevole produkte. “Vra jou haarkapper om produkte vir jou haartipe aan te beveel,” sê Katie.

2. Belê in ’n goeie haarserum. “Voed jou haarfollikels met ’n versterkennde serum om gesonde haargroei aan te moedig,” beveel sy aan.

3. Stimuleer haargroei deur jou kopvel liggies te masseer terwyl jy jou hare was.

FOTO:  iStock/EmirMemedovski

Van: Good Housekeeping UK

 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 verrassende maniere waarop jy jou hare vernietig

Verbeek hierdie slegte gewoontes en hou só op om jou hare te vernietig

Close