×
Skakel na Engels

Hou só jou mikrogolfoond silwerskoon

Verwyder hardnekkige vlekke en kosreuke nog voordat jy kan sê ‘Kos is op die tafel!’

clean microwave

Maak dit jou moedeloos as jou man of kinders nie hul kos bedek wanneer hulle dit in die mikrogolfoond verhit nie? ’n Mikrogolfoond is ongelukkig een van daardie toestelle wat jy gereeld moet skoonmaak.

Maak dit maklik met ons tydbesparende skoonmaakwenke:

 

Metode 1

Vir ’n maklike, vinnige en doeltreffende skoonmaaksessie, sny ’n suurlemoen in die helfte en druk die sap in ’n houer uit. Voeg 2 eetlepels koeksoda by en vul aan met warm water. Plaas op volkrag in die mikrogolfoond vir vyf minute. Die stoom laat die vet loskom en maklik skoonmaak.

 

Metode 2

Vul ’n mikrogolfoond-bestande bak met water en ’n bietjie asyn. Plaas dit op volkrag in die mikrogolfoond vir twee minute. Doop ’n sponsie in die water-en-asyn-oplossing en vee die binnekant van die mikrogolfoond daarmee uit.

 

Wenke

  1. Haal die glas bord uit en was dit soos ’n gewone bord. Party kan selfs in die skottelgoedwasser gaan.
  2. Nadat jy dit skoongemaak het, los die mikrogolfoond ’n rukkie oopsodat dit goed droog kan word.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Spaar water by die huis

Doen jou deel om dié skaars natuurlike hulpbron te bewaar. Ons deel vier maklike wenke:

Close