×
Skakel na Engels

Hou ‘n koppie vir KANSA

Nooi jou vriendinne oor vir tee en jy kan ’n R5 000-geskenkbewys van Le Creuset wen! Lees hier hoe om dit te doen. Deur Leah van Deventer

Ons is dol oor die Hou-’n-Koppie-vir-Kansa-inisiatief van Le Creuset wat daarop gemik is om met teepartytjies ’n bewustheid van kanker te skep.

Al wat jy moet doen, is om ’n teepartytjie saam met vriendinne te organiseer en dan foto’s op www.lecreuset.co.za/cuppaforcansa te laai of dit saam met ’n kort beskrywing van die dag na cuppa@lecreuset.co.za te e-pos.

cuppa2

Drie wenners sal gekies word. Elkeen sal ’n fantastiese R5 000-geskenkbewys van Le Creuset wen. Die wenkategorieë is:

  1. Beste gemeenskapsinisiatief
  2. Kreatiefste tuisteepartytjie
  3. Aangrypendste boodskap

Watter beter rede is daar om jou vriendinne oor te nooi?

Jy kan enige tyd van 15 September tot 31 Oktober 2015 inskryf.

Besoek www.lecreuset.co.za/cuppaforcansa vir meer inligting.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Tyd vir oefening

Volg elke week ’n paar van hierdie aksiewenke vir ’n gesonder leefstyl

Close