×
Skakel na Engels

Hou ʼn Koppie vir KANSA en WEN

Koppie-vir-KANSA vier die lewe, gesondheid, familie en vriende.

Koppie-vir-KANSA vier die lewe, gesondheid, familie en vriende. Die idee van hierdie inisiatief is om ’n teepartytjie aan te bied ten bate van KANSA en bewusmaking van borskanker.

Le Creuset  is mal oor die idee en wil soveel as moontlik mense aanmoedig om deel te neem. Daarom gee hulle vir die kreatiefste gasvroue ’n kans om met 1 van 3 R1000 Pink Tea-geskenkpakke weg te stap, en die mees inspirerende partytjie wen ’n R10 000 inkopiejol by enige Le Creuset boutique winkel.

Al wat jy moet doen om vir die pryse te kwalifiseer, is om foto’s van jou partytjie en jou storie te stuur na cuppa@lecreuset.co.za . Alle inskrywings moet tussen 1 – 31 Oktober 2013 gestuur word.

So versprei die woord en begin jou partytjie beplan. Dit is vir ’n wonderlike doel!

Vir meer inligting besoek www.lecreuset.co.za of skakel die klientedienslyn by 086 177 3321.

Vir idees en inspirasie besoek www.cuppaforcansa.org.za.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief