×
Skakel na Engels

Hou jou vel gloeiend tydens Ramadan

Weens die verandering in jou dieet kan Ramadan jou vel gedehidreer en styf laat voel

Met Ramadan wat vanjaar in die winter val, sal jy ekstra vitamiene en minerale nodig hê om jou vel soepel te hou. Doen dit só:

Vitamien A

Dit is een van die belangrikste vitamiene vir jou vel, want behalwe dat dit jou vel glad en sag sal laat voel, help voorkom dit ’n droë vel en dehidrasie. Eet: wortels, appelkose, spinasie en groen blaargroente.

B-vitamiene

’n Tekort aan dié vitamiene kan tot veldehidrasie, die vroeë voorkoms van plooie en voortydige veroudering lei. Eet: vleis, peulgewasse en heelgrane.

Vitamien E

Vitamien E help om die voorkoms van plooie te beperk en help selhernuwing aan. Eet: neute en groente-olies in kos.

Vitamien C

Dié vitamien speel ’n belangrike rol om die vel suiwer en gloeiend te help hou. Eet (of drink in sapvorm): lemoene en aarbeie.

Lees: 6 kosse wat meer vitamien C as lemoene bevat

Antioksidante

Antioksidante help beskerm velselle en hou die vel gesond. Eet: vleis en seekos.

Omega 3-vetsure

Dié vette help om jou vel in stand te hou en laat dit gloei. Eet: hoofsaaklik vis.

Water

Dis noodsaaklik om baie water te drink om te keer dat jou liggaam en vel dehidreer, veral tydens Ramadan. Water help ook om jou vel elasties te hou en beskerm jou teen die vroeë voorkoms van plooie.

Credit: Nestlé Verenigde Arabiese Emirate

LEES OOK:

3 maniere om dié Ramadan gehidreer te bly

4 energieversterkende soppe vir Ramadan

6 Maniere on Ramadan makliker (en pret) vir kinders te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 maniere om dié Ramadan gehidreer te bly

Behalwe om glase en glase water te drink, het ons drie ander maklike maniere waarop jy jou waterkwota kan inkry

Close