×
Skakel na Engels

Hou jou geriefies glansend

Selfone, iPods, tablette en hul toebehore trek vuiligheid soos ’n magneet aan. Só kan jy dit tjoef-tjaf skoonmaak


Gebruik dié hulpmiddels

  • ’n Lap om lense skoon te maak
  • Saamgeperste lug in ’n blikkie
  • ’n Klein verfkwas of ’n tandeborsel
  • Klam lappies vir elektronika
  • Matige skottelgoedwasseep en warm water
  • Vryf-alkohol en watteballetjies

 

’N RATSE ASPOESTER

 

1. VEE VUILPLEKKE SKOON Verwyder grimering, vingerafdrukke en sweet vinnig van tasskerms met ’n skoon, klam (nie deurweek nie) lap van mikrovesel of een waarmee jy lense kan skoonmaak. Moet nooit iets spuit of sommer enige skoonmaak-, oplos- of skuurmiddels gebruik nie.

2. WEG MET SLEUTELBORDSTOF Maak dit met ’n blikkie saamgeperste lug of ’n sagte, skoon borsel skoon. Steeds smerig? Wring oortollige water uit ’n klam skoonmaaklap wat vir elektronika geskik is (by rekenaarwinkels te kry) en vee skoon. Gebruik ’n peuselstokkie in die splete.

3. GEE GEHOOR HIERAAN As jou oor- fone se klank nie meer so lekker doef-doef nie, kan oorwas en vuiligheid die oorsaak wees! Borsel enige los vuilig- heid saggies af. As die omhulsels verwyder kan word, (gaan die handleiding of webtuiste na), kan jy dit afhaal en saam met ’n druppel skottelgoedseep vir 30 minute in ’n bak warm water laat week. Spoel af, vee dit droog en sit dit terug aan. Vir eenstuk-oorfone: doop die punt van ’n watteballetjie in vryf-alkohol, druk oormatige vog uit en vee versigtig af.

 

Maak dit volgende keer makliker…

  • Skermbeskermers werk hard om al jou handmodelle teen skrape en vuiligheid te beskerm.
  • Hou alkohol-pluisies in jou motor se paneelkissie of in jou handsak sodat jy dit draf-draf kan skoonmaak. (Bly egter weg van jou skerm.)
  • Hou jou persoonlike elektronika in hul eie sakkies vir beskerming.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak dít skoon

Sommige van die skynbaar skadelose goed wat ons daagliks hanteer, kan 16 000 keer meer kieme as ’n toiletsitplek hê,...

Close