×

Hou die insekte weg

Die somer is nog hier, en so ook die muskiete …
insekte kers

 

Maak jou eie insekwerende sitronellakers. Hierdie prettige projek van die blogger Eden Passante van Sugar and Charm is vinnig, maklik en doeltreffend. Sitronellakerse is nie net ’n fantastiese manier om muskiete en ander insekte weg te hou nie, maar verleen ook atmosfeer aan ’n kuieraand op jou stoep.

WAT JY NODIG HET:

Kerswas (beskikbaar by kunsvlytwinkels of gebruik gewone wit kerse), sitronella-olie, essensiële olie in die geur van jou keuse, ’n pit en ’n mooi blik.

DOEN DIT SÓ: 

Stap 1: Plaas die was in ’n groot kastrol oor matige hitte. Roer af en toe om dit glad en eweredig te laat smelt.

Stap 2: Terwyl die was smelt, plak die pit met ’n gomgeweer onderin die blik vas. Draai die lengte van die pit om ’n stokkie en laat dit bo-op die blik rus om te keer dat dit inval.

Stap 3: Giet die was in ’n hittebestande bak. Voeg die sitronella-olie (30 ml vir elke ses koppies gesmelte was) by, asook ’n essensiële olie soos laventelolie as jy die sitronellareuk wil verdoesel.

Stap 4: Giet die was in die blik en laat dit hard word (dit duur gewoonlik een tot twee uur). Steek die kers ’n uur voor sononder aan vir ’n aand sonder goggas. Gebruik ’n herwinde teeblik om jou kers ’n retro-voorkoms te gee.

WENKE:

  • Maak ’n paar kerse sodat jy ’n sitronellaversperring op jou stoep of naby ’n vensterbank kan skep.
  • As jy nie van die reuk van sitronella hou nie, voeg ander geure by om dit te verdoesel, soos lemoen, nartjie of denne. Goggas hou ook nie van die volgende geure nie: roosmaryn, origanum, bloekom en peperment.

Lees ook:

10 maniere om van weeluise ontslae te raak

5 plante wat muskiete afweer

Noodhulp vir byte en steke

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Selfdoen-dekorprojekte vir Kersfees saam met jou kinders

Maak Kersvoorbereidings ’n geleentheid vir die hele gesin met hierdie cool idees

Close