×
Skakel na Engels

Hondepark-penarie

Parke is die ideale plek vir honde om sosiaal te verkeer, maar wat as jy een van dié algemene probleme ervaar?

 

 

AGGRESSIWITEIT Sommige rasse is meer geneig tot aggressiewe gedrag as ander. As jou hond in ’n park aggressief raak, stel die oorsaak vas. Is hy jaloers wanneer jy aandag aan ander honde gee of gaan dit oor speletjies en speelgoed? As hy daarmee volhou, vat jou hond na ’n afgesonderde gebied waar hy op sy eie kan rondbeweeg. Oorweeg hondeskool en praat met jou veearts oor oplossings.

 

PROBLEME MET DIE EIENAAR Wees kalm en beleefd wanneer jy met ’n eienaar oor sy/haar hond se gedrag praat. Die meeste mense sal meer as gewillig wees om gehoor te gee.

 

DEEL SPEELGOED Party honde is besitlik oor hul speelgoed. Onthou dít om konfrontasies te voorkom en leer jou hond om te deel.

 

MAAK SKOON! Maak seker dat jy jou hond se gemors optel en weggooi. Hou ’n ogie oor hom sodat jy niks miskyk nie. Baie parke verskaf sakkies, maar vat altyd ’n paar saam sodat jy nie in die verleentheid beland nie.

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vrydag-grappie

Probeer jou troeteldiere alewig om hulself in klein ruimtes in te wikkel?

Close