×
Skakel na Engels

Hoeveel kilojoules bevat jou gunsteling- warm drankie?

Dink twee keer voordat jy daardie derde cappuccino vir die dag bestel

two fresh tasty cappuccino coffee cups with latte art on it and one espresso cup on the coffee table

Min dinge is so lekker soos ʼn koppie warm koffie, tee of warm sjokolade, maar het jy al ooit opgelet hoe baie kilojoules hierdie warm drankies bevat? As jy probeer gewig verloor of net jou huidige gewig probeer behou, is dit belangrik dat jy weet hoe gesond (of ongesond) jou gunsteling- warm drankie is:

  1. Cappuccino met volroommelk en 2 teelepels suiker = 676 kJ
  2. Cappuccino met laevetmelk en 2 teelepels suiker = 578 kJ
  3. Gewone koffie met volroommelk = 64 kJ
  4. Gewone koffie met laevetmelk = 52 kJ
  5. Warm sjokolade met volroommelk = 1 490 kJ
  6. Tee met afgeroomde melk en geen suiker = 62kJ

Onthou:

  • Swart koffie bevat baie minder kilojoules as ʼn cappuccino
  • Kies altyd afgeroomde of laevetmelk in plaas van volroommelk
  • Probeer om nie suiker by te voeg nie
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om ’n plat, gespierde maag te kry

Of jy nou van daardie oortollige maagvetjies ontslae wil raak en of jy net meer geoefende maagspiere wil hê, hierdie...

Close