×
Skakel na Engels

Hoekom olyfolie die gesonder keuse is

Deur jou gewone kookolie vir olyfolie te ruil kan dalk help om jou teen ’n beroerte te beskerm

 

 

In ’n studie van meer as 7 000 mense oor 65 het Franse navorsers ontdek dat diegene wat gereeld met olyfolie kook en dit oor slaai gooi, 41% minder geneig is om ’n beroerte te kry as dié mense wat dit glad nie gebruik nie.

 

Olyfolie se hoë vlakke van mono-onversadigde vette blokkeer die liggaam se reaksie op inflammasie by toestande soos hartsiektes en artritis, en kan ook bloeddruk verlaag.

 

 

Die Hartstigting van Suid-Afrika beveel ’n paar ander maniere aan waarop jy jouself kan beskerm:

 

• Beperk jou inname van hoë-cholesterol-kos tot 300 mg per dag.

• Beperk inname van sout tot 5 g per dag. Onthou, geprosesseerde kos kan 
ook natrium bevat.

• Gebruik alkohol matig – ’n maksimum van een tot twee drankies per dag.

• Kies gesonder alternatiewe wanneer jy kos voorberei, soos soutvrye speserye en gemmer.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kies seekos reg

Is jy bekommerd oor die uitputting van die oseaan se hulpbronne? Kyk hier hoe jy kan seker maak die seekos...

Close