×

Hoekom jy dol sal wees oor die nuutste skoenneiging

En ons praat nie van tekkies nie …
skoen-neiging

 

Daar is min goed wat ’n mens so opgewonde maak soos wanneer die modewêreld met ’n neiging vorendag kom wat nie net supersjiek is nie, maar ook uiters gemaklik.

Dit geld selfs meer wat skoentendense betref, want, wel, hoëhakskoene  is nie altyd so prakties nie (ja, selfs blokhake) en tog is dit altyd onder die topskoenneigings. Die feit dat die tekkietendens so suksesvol is, is ’n bewys dat gemak en styl ’n wenkombinasie is.

Ons is dus in die wolke oor die nuutste skoenneiging wat stadig (maar seker) in winkels en op Pinterest-borde oor die wêreld heen begin kop uitsteek. Hoewel baie van ons op een of ander stadium op insteek-hakskoene versot was, is dit nou tyd om jou hart op die nuwe plathak-insteekskoen te verloor.  

 

A photo posted by &FINALLY (@andfinally_) on

Ons stel bekend: Dié seisoen se plat insteekskoen

 

A photo posted by AFASHIONLIST (@afashionlist) on

Vyf redes waarom ons daarvan hou

1. Omdat dit jou tone bedek, het dit ’n taamlik “deftige” voorkoms, wat dit ideaal maak om in die meeste werkomgewings te dra.

 

A photo posted by fudges (@fudges) on

2. Dit is baie gemaklik – en wie hou nou nié daarvan om gemaklik te wees én sjiek te lyk nie?!

 

A photo posted by Moda Operandi (@modaoperandi) on

3. Dit skep ’n moeitelose gevoel en voorkoms, maar lyk steeds modieus.

4. Na gelang van watter styl jy koop, kan dit boonop baie veelsydig wees. Wenk: ’n Swart paar met ’n goue gespe is ’n klassieke keuse.

 

A photo posted by Teraesa Douglas (@ipleadthefro) on

5. Selfs Gucci het dié skoene hul goedkeuring gegee – en die mode-ikoon Victoria Beckham ook! 

Waarvoor wag jy? Laat waai winkels toe en kry jou eie paar:

1. Swart skoene met kunspels-detail R499, Cape Robbin by Superbalist

2. Swart skoene met gespe R1 299, Mimco by Woolworths

3. Silwer skoene met gespe R499, Cotton On

4. Swart-en-wit skoene R1 399, Sol Sana by Superbalist

5. Blinkswart skoene R199, DailyFriday by Superbalist

 

 

A photo posted by Moda Operandi (@modaoperandi) on

Hooffoto: iStock/g-stockstudio

Lees ook:

10 maniere om blompatrone by die werk te dra

4 maniere om ’n sarong te dra

7 vleiende modeneigings om in 2017 te probeer

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kernklerekas vir werk vir minder as R1 600

Doen saam met ons inkopies! Hier is agt items vir ’n basiese en bekostigbare kernklerekas vir werk

Close